Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Klarinet-kunskompetisie vir leerlinge by Odeion gehou
Dié foto’s is van inskrywings vir die vorige klarinet-kunskompetisie in 2016.

’n Byproduk van die Internasionale Klarinet-extravaganza wat in 2016 groot byval gevind het en vanjaar weer aangebied word, is ’n kunskompetisie vir leerlinge tot gr. 12.

Die fees word van 28 Januarie tot 1 Februarie by die Odeion Skool vir Musiek (OSM) in Bloemfontein gehou en bied meesterklasse, lesings, konserte en kompetisies vir deelnemers van oor die land heen. Meesterspelers uit verskillende lande is die aanbieders.

Die kunskompetisie bied geldpryse vir die beste uitbeeldings van ’n klarinet in enige medium en grootte.

Geldpryse van R800 vir die wenner, R400 vir die naaswenner en R200 vir die derde plek is in drie ouderdomsgroepe op die spel – jonger as tien, jonger as 14 en jonger as 18. Die Deon Ceronio-gehoorsentrum is die borg.

Danré Strydom, die organiseerder van die klarinetfees, sê al die inskrywings sal in die Odeion-portaal uitgestal word en die wenners sal op die konsert op 1 Februarie aangekondig word. Die internasionale spelers tree dié aand in ’n gratis uitvoering saam met die Vrystaatse Simfonieorkes (FSSO) op.

Inskrywings is gratis en moet nie later nie as 27 Januarie om 16:00 by die OSM-kantoor ingehandig word.

Die oorsese klarinetmeesters op die fees is Eddy Vanoosthuyse en Severine Sierens van België, Marco Mazzini van Peru, Feng Mei van die VSA en Bence Szepesi van Hongarye.

Hulle en ander top-pedagoë gee elke dag individuele en groepmeesterklasse, terwyl die deelnemers ook geleentheid kry om in ensembles te speel en in etensuur- en aandkonserte op te tree.

Deelname aan die extravaganza kos R800, wat bywoning van al die konserte en meesterklasse asook ’n fees-T-hemp insluit.

Volledige inligting verskyn op die Facebook-blad ZA International Clarinet Extravaganza.

Die extravaganza word ondersteun deur die OSM, FSSO, Odeion-strykkwartet, OSM Camerata, Buffet Crampon en Toms in Bloemfontein. Die Rupert-stigting en die Kunstetrust maak die besoek van die oorsese spelers moontlik.

Kry meer inligting by mclarinetextravaganza@gmail.com of bel Danré Strydom by 072 804 4268.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.