Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kleur en natuur inspireer werke
Die Oos-Kaapse kunstenaar Kathy Botha besig om een van haar skilderye wat deur die natuur geïnspireer word, te skilder.

In Conversation with Colour Symphony, ’n kunsuitstalling wat deur die Suid-Afrikaanse kunstenaar Michèle Nigrini se kuns geïnspireer is, kan in die Jan Rupert-kunssentrum in Graaff-Reinet besigtig word.

’n Plaaslike kunstenaar, Kathy Botha van Gqeberha (Port Elizabeth), is een van die 37 kunstenaars wat gekies is nadat 135 Suid-Afrikaanse kunstenaars daarvoor ingeskryf het.

“As ’n eerbewys van die impak wat Nigrini se kunswerk Colour Symphony op Suid-Afrikaanse kuns het, het die bestuur van die Rupert-museum Suid-Afrikaanse kunstenaars uitgenooi om hul eie interpretasie in reaksie daarop te skep,” sê Botha.

Nigrini het die betrokke werk reeds in 1993 vir haar meestersgraad in die skone kunste geskep, wat die Rupert-kunsstigting, wat nou deur die Rupert-museum bestuur word, daarna vir die museum se private kunsversameling aangekoop het.

Dié groepuitstalling is ’n interessante demonstrasie van gesprekvoering deur verskeie generasies en kulture met kuns as medium.

Botha se bydrae vir die uitstalling is ’n olieverfskildery getiteld Impulsive Spontaneity.

“Dié skildery is ’n eksterne manifestasie van my eie innerlike reis,” verduidelik Botha.

“Dit bind my persepsie van die heelal as ’n divinely energised field van oneindige moontlikhede saam en ondersteun my geloof dat daar ’n onderliggende ineengeweefde kreatiewe mag bestaan wat ’n invloed op alle lewe het.

“Kleur is een van die groot vreugdes van my lewe en gevolglik ook die manier hoe ek myself op ’n kreatiewe en kleurvolle manier kan uitdruk.

Botha se bydrae vir die uitstalling is ’n olieverfskildery getiteld Impulsive Spontaneity.

“As ’n kunstenaar is kleur eenvoudig te dinamies om bloot te ignoreer!

“Die mens ervaar kleur in die oomblik en dit veroorsaak dat die interpretasie daarvan persoonlik is.

“Ek gebruik dikwels ook graag sterk en intense kleure in my skilderye, waarvoor ek gewoonlik inspirasie uit die natuur, en dikwels sommer uit my eie tuin skep! My intensie met dié werk was om ’n illusie van ruimte te kon skep, abstrak en sowel as in ’n herkenbare vorm.

“Tekstuur speel ook ’n groot rol in my skilderstyl en ek skilder dikwels laag op laag en laat terselfdertyd ruimte toe dat die medium ook op ’n natuurlike manier die skildery beïnvloed.”

Botha gebruik ook akrielverf of maak gebruik van gemengde media vir haar kunswerke.

Sy is in 1951 in Zimbabwe (Rhodesië) gebore en het in 1980 saam met Alan, haar man, en Kelly, hul dogter, na Port Elizabeth getrek.

Sy het daarna skone kunste aan die Universiteit van Port Elizabeth (deesdae die Nelson Mandela-Universiteit) gestudeer.

Botha het drie solo-uitstallings op haar kerfstok en het ook al aan verskeie groepuitstallings in die Oos- en Wes-Kaap deelgeneem.

Die uitstalling in Graaff-Reinet duur tot 5 September.

Bel Botha by 041 366 2276 of 073 162 9981 of stuur ’n e-pos aan kathyb@telkomsa.net vir meer inligting of besoek haar Facebook-blad om haar werk te besigtig.

Meer oor:  Kunsuitstalling  |  Kuns  |  Kunstenaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.