Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Klippe en staal kry hier ongewone lewe

Gedigte was die eerste vonk van inspirasie vir vanjaar se beeldereeks Sculpture on the Cliffs wat deel vorm van die Hermanus FynArts-kunstefees van 9 tot 18 Junie op die kusdorp. Dit word op 10 Junie om 12:30 geopen.

Tien kunstenaars se werke is vergader al langs Gearing se Punt, die uitkykpunt waar families op die terugkeer van hul geliefdes ter see gewag het. Vanjaar se beelde is tot so ver as die geskiedkundige ou hawe, ’n erfenisterrein, aangebring.

Ledelle Moe se Lament II.

Die kurator is Lien Botha. Sy het ’n versamelbundel van die digter Karen Press – Echo Location – as inspirasie gebruik. Press se gedig “The Whale Song” is op die kunsroete langs die see aangebring.

Twee beelde van mense, saamgestel uit honderde stukkies metaal, is Brahm van Zyl se bydrae. Dit is getiteld Remote: Perceiving Elysium I & II. Daarmee lewer hy kommentaar op die wisselvalligheid van hedendaagse kommunikasie.

Emma Willemse se Counting Stones.

’n Uurlange klankkomposisie van Bronwyn Clacherty getiteld Visbaai Reprise neem die kyker op ’n klankreis terug in tyd na die ou hawe van 100 jaar gelede. Dit bestaan uit opnames van bejaarde vissers se staaltjies oor hul lewe. Die opgeneemde klank word met beweging geaktiveer.

Emma Willemse se Counting Stones huldig diegene wat ter see gesterf het. Waar ’n stapel klippe gewoonlik plek aandui, dui dié stapel in ’n bootvormige struktuur die talle skeepswrakke aan die kus van Suider-Afrika aan.

Hannelie Coetzee se veelbeduidende ode aan liefde heet ‘Klipkoppe 2’ en dit bestaan uit twee vroue borsbeelde (Coetzee en Warrington)geskep uit mynkernmateriaal. Coetzee se vrou, Reney Warrington is ‘n afstammeling van die Warrington-broers, stigterslede van die  Hermanus-gemeenskap.  Die Warrington-broers, oorspronlik van die V.S.A, was aan boord ‘n skip wat die Kaapse kus aangedoen het. Hulle het onverwags olik geraak en is aan land gelaat, net om kort daarna te verneem dat die skip gesink het. 


’n Staalinstallasie van Jaco Sieberhagen, die elegiese The Whale Caller, fokus op die walvisjagbedryf en die jag maak op ’n spesie wat amper uitgesterf is.

Ledelle Moe se Lament II bestaan uit massiewe beelde wat soos soliede materiaal lyk, maar beweeg kan word. So word onvastheid en ontwrigting gekommunikeer. Raymond Smith se spieël met twee kante I is another eis introspeksie oor hoe ons ander mense beskou. Die dubbelkantige spieël reflekteer dieselfde persoon aan albei kante.

Hasan en Husain Essop se Cape Town, South Africa.

Richard Forbes se Sonar Sound is ’n sirkelvormige, ronde staalvorm wat beweeg en ’n geluid maak soos die roep van walvisse en die roep wat vissers na veiligheid haal. Die erosie sal die struktuur wegneem – en so die kyker aan sy verganklikheid herinner.

Houtbeelde van visse wat bo die Ou Hawe huiwer deur die beeldhouer Right Mukore voltooi die versameling. Dit heet Remembering Fish en huldig die visbedryf uit die hawe wat menige se brood en botter was.

Cape Town, South Africa van die tweelingbroers Hasan en Husain Essop fokus op die Moslem-jeug in ’n sekulêre omgewing. Waar die uitbeelding van die menslike liggaam verbode is in die Moslemgeloof, gebruik die broers hul eie liggame om die verantwoordelikheid te dra.

Die beelde sal vir ’n onbepaalde tyd ná die fees besigtig kan word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.