Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kom kuier by galery en help skool om biblioteek te bou

’n Laerskool in Zonnebloem naby Distrik Ses het die inwoners van Kaapstad se hulp nodig nadat die skoolbiblioteek in Februarie in ’n brand verwoes is.

Die Holy Cross RC Primary School se rekenaarlaboratorium en drie klaskamers is ook deur die brand in puin gelê.

Volgens Karen Breytenbach van die Otto-stigting, wat die projek bestuur om vir die skool ’n nuwe biblioteek te bou, het hulle nog sowat R100 000 se boekrakke, lessenaars, deure, vensters en toilette nodig.

Leerlinge buite die Holy Cross RC Primary School in Zonnebloem naby Distrik Ses. Foto: Artist Proof-studio

“Ons wil vir die kinders ’n veilige en stimulerende omgewing skep om in te leer en het almal se steun nodig,” sê Breytenbach.

Daarom word ’n geldinsamelingsveldtog Woensdag ten bate van die skool by die Craft+Graft-galery in Dunkley Square, Tuine, gehou.

Die skrywers Lauren Beukes en Mohale Mashigo sal praatjies lewer en kunswerke van William Kentridge, Mongezi Ncaphayi en Judy Woodborne word deur die Artist Proof-ateljee uitgestal.

Snapscan sal gebruik word om die geld in te samel.

“Dit is te belangrik om te ignoreer, ons het jou hulp nodig. As jy ooit troos in die blaaie van ’n boek gekry het, moet jy betrokke raak,” sê die komediant Rob van Vuuren.

Nomthandazo Zweni, die skoolhoof, sê die nuwe biblioteek kan die leerlinge se lewe verander.

“Baie van hulle kan nie ná skool biblioteek toe gaan nie, want hulle kom laat by die huis omdat hulle van Delft, Khayelitsha en Gugulethu met openbare vervoer skool toe gaan.

Die geleentheid sal om 18:00 begin en daar sal ook ’n musiekgroep wees wat mense sal vermaak.

Meer oor:  Otto-Stigting  |  Holy Cross Rc Primary School  |  Karen Breytenbach  |  Distrik Ses  |  Zonnebloem  |  Kaapstad  |  Brand  |  Onderwys  |  Fondse  |  Galery  |  Biblioteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.