Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kosbare werk van Preller, Pierneef opgeveil
Seychelles Girl (olie op doek, 1949) deur Alexis Preller.

Twee kosbare Suid-Afrikaanse skilderye wat in dekades nie te sien was nie, tel onder verskeie kunswerke wat binnekort in Johannesburg opgeveil word.

Seychelles Girl van Alexis Preller (1911-1975) en J.H. Pierneef (1886-1957) se Winterveld is die eiendom van een eienaar, waarvan die eienaar die eerste koper van die Preller-werk was.

Preller het op ’n besoek aan die Seychelle-eilande in 1949 dié jong vrou “sensitief” uitgebeeld. Die insetprys word op tussen R1 miljoen en R1,5 miljoen geraam.

Pierneef se werk, ’n uitbeelding van die gebied noord van Pretoria, is ’n toonbeeld van sy gebruik van lig en kleur en ’n “gesogte voorbeeld” van sy landskapskilderye. Sy geraamde prys is tussen R600 000 en R900 000.

Nog ’n werk wat aandag behoort te trek, is Thinking Aloud, Small Thoughts, ’n volledige stel van nege drukke op koperplaat deur William Kentridge. Dit behoort tussen R200 000 en R300 000 te haal.

Winterveld (olie op doek) deur J.H. Pierneef.

Volgens die afslaer Stephan Welz & Co. toon die werk ooreenstemmende kenmerke met Mozart se opera Die towerfluit en is ook geskep in die tyd wat Kentridge aan dié produksie gewerk het. Daar is onder meer ’n baroktoneel en die ongeordende heelal van die Koningin van die Nag.

Een van verskeie werke deur die Belgies gebore Suid-Afrikaanse kunstenaar Maurice van Essche (1906-1977) op die veiling is Still Life with Teapot (olie op doek) wat waarskynlik vir tussen R150 000 en R200 000 van die hand gesit sal word. Die kunswerk word beskryf as “eerlik en byna poëties” en is “tekenend van die kunstenaar se gebruik van delikate lyne en sensitiewe lig- en skaduspel”.

Twee bronsfigure van meesterbeeldhouers wat opgeveil word, is Seated Figure van Sydney Alex Kumalo (1935-1988) met ’n geraamde prys van R250 000 en R350 000,

en Standing Figure van Edoardo Villa (1915-2011) wat tussen R120 000 en R160 000 behoort te haal.

Die veiling is 29 en 30 April by Stephan Welz & Co. in Lower Houghton, Johannesburg. Voorskoue is op 26, 27 en 28 April van 10:00 tot 17:00 en ’n gratis rondleiding op 27 April om 11:00.

Meer oor:  Afslaer  |  Kuns  |  Alexis Preller
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.