Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kuns gee stem aan mens om voet neer te sit

Drawing the(a) line, ’n groepuitstalling, open op 6 Mei 2021 by die ArtEC-gemeenskapkunssentrum in Gqeberha (Port Elizabeth).

Die kunstenaars, Sam Vaghi, Sanelisiwe Singaphi, Jubilee Evans en Nicholas Hauser wat aan dié uitstalling deelneem, was ook naaswenners van die kunssentrum se jaarlikse uitstalling in 2020.

“Met dié nuwe uitstalling word gepoog om ’n stem aan die individu te bied om op ’n kunstige manier sy voet te kan neersit en te sê “this is it and that is not!” sê Siyamthanda Spaji, woordvoerder van die ArtEC-gemeenskapkunssentrum.

“Dit is ons voorreg om sosiale ontwikkeling en innovasie in Suid-Afrikaanse kuns aan te moedig.

“Dit moet gebeur deur gesprekvoering sowel as visuele effekte sodat die manifestasie daarvan eindelik deur elkeen ervaar kan word.”

Die kunstenaars het ook saam aan die projek gewerk wat later vanjaar ten bate van verskeie liefdadigheidsorganisasies opgeveil sal word.

Die uitstalling kan tot 30 Mei in die ArtEC-kunssentrum by Birdstraat 36 in Sentraal besigtig word.

Skakel 041 585 3641 of stuur epos aan e-mail manager@artecpe.co.za vir meer inligting.

’n Groepuitstalling, Drawing the(a) line, open op 6 Mei 2021 by die ArtEC-gemeenskapkunssentrum in Gqeberha.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.