Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kuns help só om maatskaplike kwessies te takel
‘Hello Wolk!” is ’n projek oor waterskaarste wat as ’n kunswerk begin het, ’n sekere hoeveelheid water voorsien en digitaal met die gemeenskap kommunikeer. Die kunswerk deur studioMAS en Gustav Praekelt sal in die vorm van ’n reënwolk gebou word wat vir die natlei van tuine water uit die atmosfeer versamel.

Uit die eerste inskrywings vir die Social Impact-kunstetoekenning wat die Rupert-kunsstigting en die Rupert-museum in Stellenbosch verlede jaar ingestel het, is drie wenners gekies.

’n Internasionale beoordelaarspaneel het op “Hello Wolk!”, “Tears Become Rain” en “PLANTed” besluit.

Die beoordelaars het gesê die projekte voldoen aan die kriteria vir kuns-geskoeide opvattings wat dreigende maatskaplike probleme kreatief kan help oplos of ten minste ’n gesprek daaroor aan die gang kan sit.

“Hello Wolk!” is ’n projek oor waterskaarste wat as ’n kunswerk begin het, ’n sekere hoeveelheid water voorsien en digitaal met die gemeenskap kommunikeer.

“PLANTed” deur Lorenzo Nassimbeni, Andrew Brose en Casper Lundie is ’n openbare projek wat die verlies aan kennis oor plaaslike medisinale plante visueel voorstel.

Die kunswerk deur studioMAS en Gustav Praekelt sal in die vorm van ’n reënwolk gebou word wat vir die natlei van tuine water uit die atmosfeer versamel. Die wolk is ook ’n simbool van die digitale wolk wat gratis WiFi aan die gemeenskap sal verskaf.

Jong vroue in die dorp sal geleer word om die wolk met gesondheids-, opvoedings- en geletterdheidsinhoud en ander nodige inligting by te werk.

“PLANTed” deur Lorenzo Nassimbeni, Andrew Brose en Casper Lundie is ’n openbare projek wat die verlies aan kennis oor plaaslike medisinale plante visueel voorstel. Dit betrek ook die onderverteenwoordigende dissiplines soos kunsvlyt, tegniese kennis, plaaslike koskulture, argitektuur en inheemse tale. Die projek vier die plantlewe van Graaff-Reinet, terwyl inwoners sal help met die oprig van ’n struktuur waar kunstenaars, ontwerpers en die plaaslike bevolking hul kennis van dié dissiplines kan uitstal.

“Tears Become Rain” deur David Brits en Raiven Hansmann is ’n massakoorprogram met die fokus op die klimaatkrisis. Die doel met die koor is om hoop te vestig en ’n uiteenlopende gemeenskap te verenig.

“Tears Become Rain” deur David Brits en Raiven Hansmann is ’n massakoorprogram met die fokus op die klimaatkrisis. Die doel met die koor is om hoop te vestig en ’n uiteenlopende gemeenskap te verenig.

Die projek gebruik liedere om mense oor die kosbaarheid van water op te voed. Een so ’n lied gaan oor ’n jong San-seun se staptogte in ’n tyd van droogte. Die trane wat hy oor die situasie stort, verander in reën en herstel die oorvloed waaraan die aarde gewoond was.

Meer oor:  Social Impact  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.