Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kuns in Jhb blom dié lente
Lucy MacGarry. Foto: Verskaf
Makgati Molebatsi. Foto: Verskaf

Die lente-kunskalender in Johannesburg het pas nóg ’n inspuiting gekry met die aankondiging van die eerste Latitudes-kunsmark, wat van 13 tot 15 September in Sandton aangebied word.

Dié mark is deel van die boeket wat vroeg-September aan kunsliefhebbers in die Goudstad aangebied word – tesame met die amptelike Joburg Art Week, die FNB Art Joburg (voorheen die FNB Joburg Art Fair), die Joburg Fringe en Underline, ’n uitstallingsplatform wat in die Museum of African Design (Moad) in Maboneng aangebied word.

Vyf vroue is die medestigters van dié inisiatief wat daarop gemik is om “ ’n nuwe platform vir kuns van Afrika in ’n internasionale era” te wees: Lucy MacGarry, Makgati Molebatsi, Anthea Kemp, Roberta Coci en Nokwazi Zimu.

MacGarry benadruk die “breedtelyn”-fokus van Latitudes as sy sê “ons beplan ’n platform vir laterale gesprekke tussen die betrokkenes op die terrein van kontemporêre kuns in Afrika – plaaslik, op die vasteland en ook wêreldwyd. Dit sluit in enigeen wat ’n betekenisvolle band met Afrika en die diaspora het.”

MacGarry was onder meer kurator van die Suid-Afrikaanse paviljoen op die 57ste Venesiese Biënnale in 2017, en van 2014 tot 2016 was sy die kurator van die FNB Joburg Art Fair.

Molebatsi is deel van Business and Art South Africa (Basa) se mentorskapprogram vir visuele kunste en is op die raad van die Bag Factory-ateljees in Johannesburg.

Benewens die 24 galerye uit 14 lande, asook plaaslike galerye, en enkeles uit Mosambiek en Uganda tot so ver as Spanje en Noorweë, word verskeie programme aangebied.

Latitudes word met gespreksgeleenthede op Saterdag 14 September in Theatre on the Square op die Nelson Mandela-plein in Sandton aangebied.

Benewens die 24 galerye uit 14 lande, asook plaaslike galerye, en enkeles uit Mosambiek en Uganda tot so ver as Spanje en Noorweë, word verskeie programme aangebied. “Essay” is ’n program om die werk bekend te stel van kunstenaars wat om die een of ander rede nie in die oog is nie. Die plan is om jaarliks die werk van ’n opkomende kunstenaar en dié van ’n gevestigde kunstenaar aan te bied. Vanjaar kom die werk van Sthenjwa Luthuli en Pitika Ntuli aan die beurt.

“Independent” bied die werk aan van ’n verskeidenheid kunstenaars wat nie deur galerye verteenwoordig word nie. Deelname is op uitnodiging, daar is geen koste daaraan verbonde vir die kunstenaars nie en Latitudes verhaal ook geen kommissie van die deelnemende kunstenaars nie.

“Spotlight” bied galerye buite Suid-Afrika die geleentheid om drie werke van ’n kunstenaar van Afrika of die diaspora in dié “groepuitstalling” te vertoon. Die oogmerk is om dié galerye ’n geleentheid te gee om kennis te maak met die plaaslike kunsmark, sonder die finansiële risiko om ’n hele uitstalling na Johannesburg te bring.

Latitudes bied ook ’n solo-uitstalling aan van die werk van Nelly Guambe, die Mosambiekse kunstenaar en wenner van die eerste Emerging Painting Invitational-toekenning.

  • Latitudes is van 13 tot 15 September daagliks van 11:00 tot 18:00 oop. Kaartjies kos R120 per dag, R250 vir die naweek en R500 vir ’n naweekpas én toegang tot die opening op Donderdag 12 September. Besoek www.latitudesartfair.com vir meer inligting.
Meer oor:  Lucy Macgarry  |  Kuns  |  Makgati Molebatsi  |  Latitudes  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.