Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kunsdagboek

Ann Bryant-galery, St. Marks-weg, Belgravia, Oos-Londen: Alle kunstenaars wat in Oos-Londen woon, word uitgenooi om deel te neem aan ’n uitstalling, Hidden Trea­sures of Buffalo City, wat deur die Vriende van die Ann Bryant-galery in Oos-Londen gereël word. Dit kos R15 per inskrywing en kunstenaars is welkom om ’n maksimum van vier werke vir die uitstalling aan te bied. Die kunswerke moet op 12 April teen 16:00 by die Ann Bryant-galery in Oos-Londen ingehandig word.

Skilderye deur verskeie plaaslike kunstenaars word in die Coach House, aangrensend aan die galery, uitgestal. Al die werk word ook te koop aangebied. Skakel 043 722 4044 of stuur ’n e-pos aan dupreez­leon234@­gmail.com vir meer inligting.

ArtEC-galery, Birdstraat 36, Sentraal, Gqeberha: Woon gedurende April ’n gratis werksessie by en leer hoe om ’n pragtige spieëlraam te maak. Alle materiaal vir die projek sal ingesluit wees. Skakel 041 585 3641 vir meer inligting.

Art on Target-kunsskool, Targetkloof 2, Essexvale, Gqeberha: Neem deel aan die Same Size Same Prize, No Signature-kunsuitstalling wat in April aangebied sal word en handig jou bydrae daarvoor van 15 tot 17 April by die kunsskool in. Die uitstalling open op 22 April. Bel B.A. Moolman by 041 373 3334 of besoek die skool se webwerf by https://artontarget.co.za vir meer inligting oor hierdie gewilde uitstalling.

Before Dawn, ’n groepuitstalling, open op 16 April by die GFI-galery in Gqeberha.

Galerie Noko, Richmond Hill, Gqeberha: Die 2020/21 New Now Next Emerging Artists-uitstalling kan tot môre, 10 April, by die galery besigtig word. Our Skin Is Not The Problem, ’n groepuitstalling open op 22 April 2021 by die galery. Skakel 041 582 2090 of 073 088 5883 of stuur ’n e-pos aan galerienoko@gmail.com of info@galerienoko.com. Besoek die galery se Instagram-, Facebook- en Twitter-blad of www.galerienoko.com of www.vansa.co.za vir verdere inligting.

GFI-galery, Parklaan 30, Sentraal, Gqeberha: Before Dawn, ’n groep-uitstalling met kunswerke deur die ontslape Marius Lourens (1956-2020), Marc Pradervand en Dolla Saphete open 16 April 2021 en duur tot 26 Mei 2021. Skakel 041 586 3973 vir meer inligting.

Hillingdon -ateljee, Elandsriviervallei: Mark en Llize Dodd se kuns kan nou by hul splinternuwe kunsateljee besigtig word. Skakel 076 282 3953 of besoek Llize se Facebook-blad of stuur ’n e-pos aan llisedodd­68­@­gmail.­com vir meer inligting.

Imibala-galery en Jan Rupert-kunssentrum, Graaff-Reinet: Kunsuitstallings wat deur die Suid-Afrikaanse kuns­tenaar Michèle Nigrini se kuns geïnspireer is, word nou by twee verskillende lokale in Graaff-Reinet aangebied. Outside In, Nigrini se solo-uitstalling, kan by die Imibala-kunsgalery tot 15 Mei besigtig word. Die groepuitstalling In Conversation with Colour Symphony, Nigrini se groot werk, is ’n interessante demonstrasie van gesprekvoering deur verskeie generasies en kulture met kuns as medium. Dié kunswerke en Nigrini se uitstalling kan by die Jan Rupert-kunssentrum tot 18 September besigtig word.Stuur ’n e-pos aan drostdy@imibala.com, skakel 087 285 4810 of stuur ’n e-pos aan janrupertcentre@telkomsa.net. Skakel ook 049 892 6107 of besoek die webtuistes www.imibala.com en www.rupertmuseum.org vir meer inligting oor die uitstallings. Besoek Michèle Nigrini se Facebook-blad by Michele Nigrini Artist en volg haar op Instagram by @michelenigriniartist.

Infinity-galery, Martinstraat 308, Nieu-Bethesda: Kontemporêre kuns deur die bekende kunstenaars Joanne Reen, Dirkje Daling, Willem du Plessis en Thea van Staden kan van Maandae tot Saterdae van 09:00 tot 15:00 by die galery besigtig word. Covid-19-maatreëls word toegepas. Skakel 082 614 5833 of besoek www.art­infinity.co.za vir meer inligting.

Karoo Collective-kunsgalery in Graaff-Reinet: Kontemporêre kuns deur Dirkje Daling en ontwerpersmeubels deur Willem du Plessis kan op afspraak by die galery besigtig word. Kyk gerus ook aanlyn by www.kcollectv.wix­site.com/karoocollective of op Instagram @KarooCollective na die werke. Skakel 082 614 5833 vir meer inligting.

Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha: Verskeie kunsuitstallings word aanlyn en by die galery aangebied.

Reflecting on Life in the Time of Covid, bestaan uit drie komponente: Imaging the Voice is ’n foto- en digkuns-projek wat saamgestel is deur verskeie digters wat in Helenvale (’n voorstad in die Baai) woon.Sketchbook: Life in the Life of Covidis ’n uitstalling wat deur die Vriende van die Museum in samewerking met die kunsmuseum saamgestel is. Daar is ook ’n interessante interaktiewe uitstalling, Wishing Tree, waaraan lede van die publiek steeds kan deelneem. Passage, verskeie kunswerke uit die museum se permanente uitstalling, nuwe werk sowel as ouer werk word uitgestal. Besoek www.nmbm.co.za/virtual_tours/virtual-tours/passages/.

L ithuba Lakho (This Is Your Opportunity) , ’n handwerkuitstalling deur verskeie Oos-Kaapse kunstenaars. Besoek ww.nmbm.co.za/virtual_tours/virtual-tours/lithuba%20lakho/.Skakel 079 490 0690 of stuur ’n e-pos aan nmm.artmuseum1956@­gmail.com vir meer inligting.

Nelson Mandela Universiteit, Birdstraat-kunsgalery, Sentraal, Gqeberha: Die Nelson Mandela-Universiteit se virtuele uitstalling Fine Art IV 2020/21 met kunswerke deur Quintice Esterhuizen (drukwerk), Darren Brecht (drukwerk), Lizeldi Loots (keramiek), Dominique Verster (drukwerk), Royston de Jongh (drukwerk) en Rosanne Pieterse (beeldhouwerk) kan aanlyn by https://birdstreetgallery.mandela.ac.za besigtig word. Stuur ’n e-pos aan gallery@mandela. ac.za of info@mandela.ac.za vir meer inligting.) Stuur bydraes vir die Oos-Kaapse kunsdagboek na Willemien.­Green@­dieburger.com.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Kunsdagboek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.