Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kunsdoyenne van Suid-Afrika sterf

Die kunsdoyenne en oprigter van die vooraanstaande Goodman-galery in Johannesburg, Linda Givon (84), is vanoggend by haar huis in Johannesburg oorlede.

Givon was ’n mentor vir “omtrent enigeen wat nou ’n naam is op die kontemporêre kunstoneel; dit is werklik die einde van ’n era,” het Neil Dundas, wat jare lank aan haar sy was as vennoot by die Goodman-galery in Parktown gesê. Givon was in haar middel-tagtigs en was vir ’n geruime tyd al siek. “Sy was in ’n rolstoel en moes gereeld suurstof gebruik”, het ’n bewoë Dundas gesê.

Givon was instrumenteel in die aansporing van die loopbane van tientalle Suid-Afrikaanse kunstenaars hier en oorsee, onder andere William Kentridge, Robert Hodgins, David Goldblatt, ­Deborah Bell, Senzeni Marasela, Kendell Geers en Mikhael Subotzky. Haar galery in Johannesburg en in Kaapstad is al vir meer as vyf dekades ’n gedugte teenwoordigheid plaaslik en oorsee op die eietydse kunstoneel.

Die Goodman Gallery in Johannesburg.
Meer oor:  Sterf  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.