Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kunskursus kan jou lewe verryk

The Artist’s Way, ’n splinternuwe kunskursus, word eersdaags aanlyn aangebied.

Die fasiliteerder, Teresa Hardman, is ’n welbekende argitek, kunstenaar en ontwerper in Port Elizabeth.

“Die kursus is gebaseer op die bekende boek The Artist’s Way deur Julia Cameron, wat letterlik my lewe in 1995 verander het nadat ek dit gelees het,” benadruk Hardman.

“Dit is ’n innoverende boek waar gefokus word op die korrekte manier om kreatiwiteit te gebruik om jou lewe te verryk.”

“Anne Lamott, die Amerikaanse nie-fiksie skrywer en vurige progressiewe politieke aktivis het oor die boek gesê: ‘If you have always wanted to pursue a creative dream, have always wanted to play and create with words or paints, this book will gently get you started and help you learn all kinds of paying – attention techniques; and that, after all, is what being an artist is all about. It’s about learning to pay attention,’ verduidelik sy.

Hardman het meer as 26 jaar ondervinding as ’n dosent waartydens sy ontwerp en tekeninge as vakke aan argitektuurstudente aangebied het.

Sy het in 2019 haar tesis vir haar PhD-graad voltooi waarin sy die belang van intuïsie gedurende die kreatiewe proses ontleed het.

“Vir 12 weke sal ek ’n veilige ruimte skep waarin belangstellendes hul persoonlike en unieke kreatiewe stem kan ontdek,” sê sy.

“Ek noem die byeenkomste ’n creative cluster.”

Kursusgangers sal stapsgewys deur die oefeninge gelei word en Hardman sal ook haar eie ondervindinge rakende die onderwerp met hulle deel.

Die kursus, wat 12 weke duur, kos R2 400 per persoon en betalings­opsies kan gereël word.

Bespreek jou plek vroegtydig omdat net 12 mense per groep geakkommodeer sal word.

Bel Theresa Hardman by 082 44 33 840 of stuur e-pos aan theresa@taolu.co.za vir meer inligting. Besoek haar op Facebook: Tao Lu en op Instagram: taolu_makes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.