Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kunsmark dra ‘bekostigbare’ Afrika-kleed met trots

Die Turbine Art Fair sit vanjaar van Vrydag tot Sondag in Newton, Johannesburg, sy tradisie voort van

’n toeganklike, uiteenlopende en ’n eiesoortige Suid-Afrikaanse kunsmark.

Kuns van gevestigde en opkomende kunstenaars uit Suid-Afrika en Afrika word in die ikoniese Turbine Hall uitgestal.

Glynis Hyslop, stigter van die mark wat in 2013 die eerste keer aangebied is, sê hul strategie van bekostigbare pryse is ’n fokuspunt vir groei. Die pryse van die meeste werke is tussen R1 000 en R50 000 om nuwe kopers en versamelaars te lok.

“Dit gee nuwe talent ook die geleentheid om in die kunsmark mee te ding,” sê sy. Terselfdertyd word ’n groter mark vir Afrika-kuns ontwikkel.

Die uitstallers is galerye, wat gevestigde en opkomende kunstenaars verteenwoordig, verskeie kunsorganisasies en kunsgroepe, wat ook die geleentheid aangryp om aan gesamentlike projekte te werk.

Die uitstallers sluit onder meer in die Artist Proof Studio, Bag Factory, Candice Berman-galery, Carol Lee Fine Art, Dawid Ras, Eclectica Contemporary, Free State Art Collective, Gallery 2, Galerie NOKO en Art Space.

’n Gratis gesprekreeks, wat deur Tamzin Lovell-Miller saamgestel is, word vir die duur van die mark aangebied.

Terence King, voormalige hoogleraar in kuns en ’n kunstenaar, asook die kunstenaar Louise Hall bespreek strategieë vir sukses in die kunswêreld.

Ricky Bennett, ’n kunstenaar en kurator, gesels met die kunsversamelaars Reggie Nkosi en Miriam Grech-Cumbo oor hul versamelings.

Die omroeper Greg Maloka sal met die bekroonde kunstenaar David Koloane, asook Monna Mokoena, stigter van die MOMO-galery, en Nomsa Mazwai, gevierde Suid-Afrikaanse musikant en uitvoerende hoof van die Soweto-teater, ’n gesprek voer.

Ander sprekers is onder andere Charl Bezuidenhout, Wilhelm van Rensburg, Philippe van der Merwe en Ronnie Apteker.

Benewens die kunstentoonstellings en gesprekreeks sal daar ook kos- en drankstalletjies wees. Besoekers moet daarop let dat die Turbine Art Fair met ’n kontantlose stelsel werk.

*Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.

Volwassenes: R100 aanlyn (of R120 by die deur) vir ’n dagkaartjie, of R200 aanlyn (of R250 by die deur) vir ’n naweekkaartjie vir Vrydag, Saterdag en Sondag.

Kinders onder 12: R50 aanlyn (R80 by die deur).

Studente en kinders ouer as 12: R80 aanlyn (R100 by die deur).

Besoek die webwerf by www.turbineartfair.co.za.

Meer oor:  Visuele Kuns  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.