Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kunste dra meer in Brittanje by as landbou
Dansers gedurende die Merce Cunningham-eeufeesviering in die Barbican-teater, Londen. Foto: Alastair Muir/REX/Shutterstock

Kuns en kultuur se bydrae tot Brittanje se ekonomie het landbou verbygesteek, toon navorsing wat die Arts Council England (ACE) bekend gemaak het.

Die raad waarsku egter dat enige verdere besnoeiings groei in die kunste sal bedreig.

Volgens sir Nicholas Serota van die ACE was die kunste se bydrae in 2016 met die laaste opname £10,8 miljard, wat £390 miljoen meer as die vorige jaar is en meer as die landbousektor se bydrae is.

Die bedrag is min of meer dieselfde as die stede Liverpool en Sheffield se ekonomiese bydrae.

Dit ten spyte daarvan dat 74% van die kunste-organisasies deur staatsbesnoeiings geraak word. Serota het die veerkragtigheid en toewyding van teaters, galerye en ander kunste-organisasies se personeel geprys, wat onder moeilike omstandighede sukses behaal.

Een van die grootste uitdagings is egter plaaslike owerhede se finansiële bydraes tot biblioteke, museums en kunsinstansies wat in die slag bly.

In Februarie het die stadsraad van Birmingham sy kunstebegroting met £500 000 ingekort, ’n beduidende bedrag, maar darem net die helfte van die oorspronklike plan.

Luidens die verslag ly die Royal Philharmonic Orchestra weens kostebesnoeiings onder personeel wat ’n gebrek aan ervaring en kennis van orkesmusiek het.

Serota sê subsidies vir die kunste voed die kommersiële sektor terwyl die staat se belegging in die kunste dubbel terugbetaal word. Mark Brown: The Guardian

Meer oor:  Kunste In Brittanje  |  Bydrae
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.