Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kunste kry groot finansiële inspuiting
Rosemary Mangope, hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsteraad.

Kunstepraktisyns het die afgelope week goeie nuus ontvang met die Suid-Afrikaanse Nasionale Kunsteraad (NAC) se aankondiging dat R26 miljoen aan die kunste toegestaan is.

Die NAC het die afgelope jaar 1 416 aansoeke van die algemene Suid-Afrikaanse kunstegemeenskap ontvang.

Met die klem op die omvang en waarde van die kunstebedryf het die NAC aan elk van sy vyf programme (maatskaplike kohesie en nasiebou, kapasiteitsbou, innovering, ontwerp en die skep van nuwe werk, kunsteplatforms en strategiese projekte) R5, 2 miljoen bewillig.

“Ten einde die landskap van die Suid-Afrikaanse kulturele en skeppende bedryf te verander, ondergaan die NAC ’n voortdurende oorgang om in die behoeftes en ontwikkeling van kunstenaars te voorsien,” sê Rosemary Mangope, hoof van die NAC.

“Ons wil met die befondsing ’n volhoubare impak maak. Om dit te verwesenlik, gaan vorige begunstigdes waar nodig die kragte met opkomende begunstigdes saamsnoer om te verseker dat hulle uit die ervaring van ander leer en sodoende hul vaardighede verbeter.”

Begunstigdes word aangemoedig om gereeld aan die NAC verslag te doen en hul hersiene projekte aan te bied. Hulle onderteken ’n kontrak waarvolgens hulle aan sekere vereistes moet voldoen.

Suksesvolle kandidate sal ’n brief ontvang en hul name sal binnekort op die NAC se webblad verskyn.

Meer oor:  Geld  |  Kunste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.