Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kunstenaar en entoesias gesels van naby
August House in Doornfontein. Foto: Kate Ballenden

Dit is eintlik ’n wen-wen-saak, sê Olwethu de Vos, kurator van die opedag wat August House se inwonende kunstenaars Sondag in Johannesburg aanbied.

“Kunsliefhebbers kan in aanraking kom met die kunstenaars wat hulle bewonder, en kunstenaars kan hul werk aan bewonderaars beskryf en met hulle bespreek.”

Die geleentheid word as deel van die Johannesburgse kunsweek aangebied en wil persoonlike kontak tussen kunstenaars en kunsliefhebbers aanwakker.

Die kunstenaars wat deelneem, spesialiseer ook in verskillende mediums van visuele kuns.

August House is in Doornfontein geleë wat kunstenaars uit Afrika huisves en ’n erfenis van meer as 11 jaar op die gebied van kuns uit Afrika het.

Dié instelling bied gereeld geleenthede soos opslaanuitstallings in korporatiewe ruimtes en so meer.

August House is ’n gebou uit die 1940’s met vyf verdiepings waarin ongeveer 60 pan-Afrika-kunstenaars in private ateljees hul kuns beoefen.

Altesaam 43 kunstenaars van August House het ook vroeër vanjaar deelgeneem aan die groepuitstalling Talking to Deaf Ears in die Absa-kunsgalery in Johannesburg se middestad.

* Die geleentheid begin om 10:00 en duur tot 16:00.

Die kunstenaar Stompie Selibe se orkes, Recycling Sound, sal die musiek verskaf.

Die adres: Endstraat 76, Doornfontein, Johannesburg.

Meer oor:  August House  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.