Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kunstenaar toegang belet wat glo ou vlag wou brand
'n Man, glo 'n omstrede kunstenaar, het Sondag by die FNB Art Joburg-uitstalling opgedaag glo met die bedoeling om onder meer die ou landsvlag te brand. Foto: Paul Parsons

’n Persoon wat glo Sondag met ’n houtgeweer by die Sandtonse konferensiesentrum in Johannesburg opgedaag het, is toegang belet omdat hy die ou landsvlag wou brand.

Dié persoon was glo die omstrede kunstenaar Ayanda Mabulu. Hy het volgens verskeie twiets by die FNB Art Joburg-kunsuitstalling opgedaag.

Volgens Paul Parsons, wat by die sentrum was vir ’n ander funksie, het hy ’n rumoer gehoor en oorgestap om ondersoek in te stel.

’n Man met ’n tradisionele masker op sy gesig het by die kunsuitstalling opgedaag met ’n wapen, wat lyk soos ’n masjiengeweer. In sy linkerhand het die man ’n bokshandskoen aangehad, waarmee hy ’n assegaai vasgehou het.

Die man het twee stukke lap by hom gehad. Dié een met abstrakte kuns en die woorde “DEATH” en die ander die ou landsvlag met die volgende woorde: Devlis Reveng upon gods servants D.R.U.G.S.INC (sic).

Parsons sê veiligheidswagte het die man toegang belet omdat hy glo die lappe aan die brand wou steek.

Die vuurwapen wat die man Sondag by hom gehad het. Foto: Paul Parsons

In ’n video wat Parsons geneem het, kan gesien word hoe die wagte die man en nog mense by ’n deur voorkeer.

In nog ’n video van die Twittergebruiker Sir seretse (sic) kan gesien word hoe die man, wat soos Mabulu lyk, iets vashou wat rook. Hy skryf by die video: Ayanda Mabula (sic) causing a stir at FNB artfair.

’n Vrou vra die man om te loop sodat die rook nie die brandalarm sal laat afgaan nie.

Mabulu se foon was Sondag afgeskakel toe Netwerk24 hom probeer bel het vir kommentaar.

’n Bestuurder van die konferensiesentrum, wat nie sy naam wou gee nie, het gesê dit is teen die beleid van die sentrum om in die media oor sake van uitstallers kommentaar te lewer.

Organiseerders van die kunsuitstalling kon nie dadelik bereik word vir kommentaar nie.

Kapt. Molefe Mogodi, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig “dat (polisie)lede gestuur is om ondersoek in te stel”.

“Dit was ’n nagebootste geweer van hout wat vir demonstrasiedoeleindes deur die kunstenaar gebruik is,” het Mogodi gesê.

Hy kon nie bevestig of die kunstenaar wel Mabulu is en of daar enige klagtes ontvang is wat ondersoek word nie.

Meer oor:  Ayanda Mabulu  |  Sandton  |  Johannesburg  |  Ou Vlag  |  Gallery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.