Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kunstenaars ‘beweeg’ deur kuns in aanlyn argief

Essays, foto’s, gedigvoorlesings, kunswerke, podsendings en video’s maak deel uit van ’n aanlyn argief wat kunstenaars se herinneringe van letterlike en figuurlike beweging berg.

Die argief, bekend as die Archive of Forgetfulness, is deur Huda Tayob, dosent in argitektuur en argitektuurgeskiedenis aan die Universiteit van Kaapstad, en die skrywer Bongani Kona saamgestel om herinneringe oor beweging aan te wakker in ’n tyd wat die mensdom weens die uitwerking van die Covid-19-pandemie in hul huise vasgekeer is.

Die argief is deur die Goethe-instituut in Suid-Afrika gefinansier.

“Die projek is eintlik ’n reaksie op die behoefte om te dink oor beweging op die Afrika-vasteland,” sê Tayob.

“Toe ons (sy en Kona) aanvanklik koppe bymekaar gesit het, het die grootste deel van die wêreld tot stilstand gekom: Snelweë was verlate en grense is gesluit. Militêre aandklokreëls is oraloor afgedwing.

“Dit het vir ons noodsaaklik gelyk om na beweging te kyk – die verband tussen plekke, mense en geskiedenisse – maar ons het ook daarna gestreef om nie net letterlik na beweging te kyk nie. Ons was ook geïnteresseerd in politieke geskiedenis en projekte wat Afrika as ’n ‘grenslose wêreld’ bekyk en wat dit tans vir ons beteken.”

Tayob en Kona het in samewerking met die Goethe-instituut kunstenaars wêreldwyd genooi om tot die argief by te dra en elk R5 000 te verdien. 29 kunstenaars van onder meer Amerika, Angola, Brasilië, Egipte, Ghana, Kanada, Kenia, Marokko, Mauritanië, Mosambiek, Tanzanië en Uganda se kunswerk is eindelik in die argief opgeneem.

Só beweeg kunstenaars deur hul kuns. ’n Skermgreep uit die Archive of Forgetfulness se lokprent. Foto: YouTube

Twaalf Suid-Afrikaners se werk skitter ook in die argief, onder andere Caio Simões de Araújo se video-essay The Bridge; Dormantyouth se musikale komposisie Gqom Waves; die Lo-def Film Factory se video-kunswerk Geo Quiz; die Magolide Collective se vertoonkunswerk Emergence: Afri Viola; Malebona Maphutse se kunswerk Siyagoduka: Ka Flying Saucer Babez; Nkgopoleng Moloi se essay Gestures of Gratitude; en Princia Matungulu se beeldhou-en-digkuns-werk New Memory, Old Cloth.

Al dié werke kan gratis op archiveofforgetfulness.com in drie dele besigtig word. Die eerste deel is ’n reeks podsendings, bekend as Conversations with Neighbours; die tweede deel bestaan uit die bydraes wat deur kunstenaars ingestuur is; en die derde deel sluit ses streeksprojekte in wat tussen Mei en November vanjaar een na die ander bekend gestel sal word.

Meer inligting is op die webblad hierbo beskikbaar of stuur ’n e-pos aan archiveofforgetfulness@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.