Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
‘Kunstenaars moet pasop vir dié slenter!’
Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur. Foto: GCIS

Die departement sport, kuns en kultuur het kunstenaars Saterdag in ’n mediaverklaring bewus gemaak van ’n nuwe slenter wat op WhatsApp die ronde doen.

Volgens die verklaring is daar ’n groep bekend as The Campaign ZA wat op die kletsdiens beweer die regering gaan vir drie tot ses maande tydens die staat van inperking ’n toelaag aan kunstenaars betaal.

Dít is egter nié die geval nie.

“Hulle (die groep) vra kunstenaars om onder meer hul identiteitsnommer en bankbesonderhede na thecampaignza@gmail.com te e-pos. Wees asseblief daarop bedag dat dit ’n slenter is,” lui die verklaring.

“Bedrog is volgens wet ’n strafbare oortreding – en die departement sport, kuns en kultuur wil ’n ernstige waarskuwing aan individue of groepe rig wat fopinligting versprei om mense te mislei.”

Hoewel die departement nie só ’n toelaag beplan nie, het Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, wel op 25 Maart ’n noodfonds van R150 miljoen vir sportlui en kunstenaars beskikbaar gestel.

Netwerk24 het sedertdien breedvoerig berig oor die omstredenheid oor die fonds, onder meer tegniese probleme tydens die aansoekproses en die kort spertyd wat vir meeste kunstenaars nie haalbaar was nie.

Mthethwa het Sondag ’n videogreep op Twitter gedeel waarin Vusumuzi Mkhize, direkteur-generaal van die departement, in ’n onderhoud met die SAUK nuwe inligting oor die evaluering van aansoeke bekend maak.

Volgens Mkhize is 3 100 aansoeke reeds geëvalueer en het sowat 1 200 daarvan die groen lig vir befondsing uit die noodfonds gekry.

Hoewel Mthethwa aanvanklik gesê het sowat 6 000 aansoeke is ontvang, waarvan duisend uit die staanspoor ongeldig was, het Nocawe Mafu, adjunkminister van sport, kuns en kultuur, egter op 4 Mei op ’n mediakonferensie gesê slegs 4 011 aansoeke is ontvang.

Netwerk24 het vroeër berig dat die departement dit oorweeg het om aansoeke vir ’n tweede keer oop te stel, maar eindelik daarteen besluit het. Die departement wou hom eerder op die herevaluering van aansoeke toespits wat toe reeds afgekeur is.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  Slenter  |  Kunste  |  Koronavirus  |  Nathi Mthethwa  |  Covid-19-Pandemie  |  Noodfonds  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.