Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kunswedstryd in VS gaan voort in nuwe gedaante
Johan Cromhout, wat besluit het om vanjaar die St. Michael-kunswedstryd ten spyte van die koronaviruspandemie aan te bied. Foto: Verskaf

Die St. Michael-kunswedstryd, wat verlede jaar weens die koronaviruspandemie uitgestel is, word vanjaar in die plek van die tweejaarlikse Vrystaat-kunswedstryd aangebied.

Johan Cromhout, koördineerder van die St. Michael-kunswedstryd, sê die organiseerders het ooreengekom dat die Vrystaat-kunswedstryd voortaan in jare met ’n ewe getal en die St. Michael-kunswedstryd in die alternatiewe jare gehou sal word.

Soos verwag, is “heelparty minder inskrywings” ontvang en kan gehore ook nie toegelaat word nie, maar is besluit om kandidate tog die geleentheid te gee om hul talente te wys.

Musiek, toneel en visuele kuns sal vanaf 10 tot 14 Mei regstreeks beoordeel word. Geen deelname vind aanlyn plaas nie.

Die musiekafdelings waarin opgetree word, is soos voorheen junior en senior klavier (met Brigitte Botha en Lesley-Ann Matthews as die beoordelaars), strykinstrumente (met Jeanne-Louise Moolman as beoordelaar), hout- en koperblasers (met Mariaan van Staden as beoordelaar), vokaal (met Lance Phillip as beoordelaar) en orrel (wat ook deur Botha beoordeel word).

Omdat koorsang die afgelope jaar nie moontlik was nie, is ensembles ingeskryf, wat ook deur Phillip beoordeel gaan word.

Vir ligte musiek – sang en instrumentaal – sal Suzanne Strauss in die beoordelaarstoel wees.

Botha, wat deesdae in Kaapstad woon, en Matthews is veral bekend as begeleiers, Moolman is die altviolis in die gevierde Odeion-strykkwartet, Van Staden is ’n fagotspeler en -dosent van Musicon en Phillip is ’n koordirigent en dosent aan die Odeion-musiekskool. Strauss is ook ’n dosent aan die musiekskool.

Die toneelafdelings sluit in solo- en groep-optredes deur leerlinge, studente en amateurs onder leiding van Marni van Wyk.

Die inskrywings vir visuele kuns is reeds ontvang en sal in die kunswedstrydweek onder leiding van Janine Allen-Spies beoordeel word. Sy is ’n kunsdosent aan die Universiteit van die Vrystaat en is pas met die Stalsprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekroon.

Die musieknommers vind in die kapel van St. Michael- en die St. Andrewskool plaas en die toneel in St. Michael se Jubileesaal. Die kunswerke word in die Harcourtsaal ten toon gestel.

Cromhout sê ’n pryswennerkonsert sal gehou word in die week ná die kunswedstryd op ’n datum wat later bekend gemaak sal word.

Meer oor:  Vrystaat  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.