Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kwilts word kuns in Vrystaters se hande

Kwilters van Bloemfontein wat ’n kursus in kunskwilt geloop het, se kreatiwiteit het tydens die staat van inperking so geblom dat ’n uitstalling van hul handewerk ’n maand lank in die Oliewenhuis-kunsmuseum te sien is.

Dié sowat 30 kunswerke deur nege lede van die Oranje-kwiltersgilde laat jou verstom staan oor die beelde wat met lap en gare geskep kan word.

‘Val nie ver nie’ deur Christa van Heerden. Foto’s: Verskaf

Iessie Steenberg, ’n ervare kwilter en dosent aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT), sê sy het verlede jaar ’n kwiltkursus aangebied waarin beginsels en elemente behandel is.

Ná drie lesings het die koronaviruspandemie toegeslaan en moes hulle die res van die kursus met “verskillende kommunikasie-verbindings op selfone en rekenaars voltooi. “Ons het eers in Oktober verlede jaar weer bymekaargekom.”

Steenberg sê ná elke lesing moes die kwilters verduidelik hoe hulle die nuutste beginsel en element in hul ontwerp toegepas het.

‘Edenville’ deur Annelize Keevé.

Ander aspekte wat onder die loep gekom het, is temas en tegnieke, asook tien verskillende rand-afwerkings. Steenberg het self 10 kwilte gemaak waarin sy ook al die tegnieke, beginsels en elemente gebruik het wat sy behandel het.

Volgens haar is die resultaat uiteenlopende kunswerke na gelang van elke kwilter se begrip van die voorgestelde aspekte.

In dié werk deur Iessie Steenberg vorm ‘Moederaarde’ die agtergrond vir ‘Herfs’ regs onder.

Die uitstalling bevat van abstrakte tot realistiese uitbeeldings. Daar is landskappe, ’n hond, ’n trekker, ’n naaimasjien en mense, almal in verskeie groottes van A3 tot A5, daar is ’n reënboog van kleure en skakerings, woorde en illusies en blokkies wat op enige denkbare en ondenkbare manier “gebuig” is.

Dié Lockdown Art Quilts van die Oranje-kwiltersgilde wat by die Suid-Afrikaanse Kwiltersgilde geaffilieer is, kan van 21 Mei tot 20 Junie op die eerste verdieping van Oliewenhuis besigtig word.

Die tye tydens vlak 1 van die Covid-19-inperkingsmaatreëls is Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 15:00 en Saterdag van 10:00 tot 15:00.

‘Maya’ deur Sujanie van der Spoel.

Besoekers mag nie ná 14:30 ingaan nie. Oliewenhuis is Sondae en op openbare vakansiedae gesluit.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Kwilt  |  Lockdown Art Quilts  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.