Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Kyk: Kuns te kies en te keur

Kaapstad word al hoe meer beskou as die poort na kontemporêre kuns in Afrika. Op die jaarlikse Kaapstadse Kunsmark kan besoekers ’n geheelbeeld vorm van wat die kontinent bied. Die mark vier vanjaar sy vyfde bestaansjaar en word van 17 tot 19 Februarie in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum aangebied. Toonaangewende galerye in Suid-Afrika, Afrika en oorsee kom vertoon hul kunstenaars se werk. Jaco Marais het die foto's geneem.

Francisco Vidal se kunswerk, Portrait Series 2, No. 3.
’n Besoeker stap verby ’n reuse-beeldhouwerk.
’n Besoeker stap verby een van die skilderye op die mark.
Die kunsmark duur tot 19 Februarie.
Een van die werke op die kunsmark.
Nog beelde, met skildery op die agtergrond.

Dié beeldhouwerk is deur Manuela Holzer en die skilderye deur Tamara James.
Werke van kunstenaars en kunsgalerye van oor die wêreld heen is op die kunsmark te sien.
’n Kunswerk deur Alexis Peskine getiteld Manjacko Souls. Die werk is gemaak uit hout, bladgoud en houtskool en is te koop teen R329 000.
Katharien de Villiers se kunswerk, Karwas.
Dié kunswerk is deur Liza Grobler.
Michael Linders se uitstalling, King of my Castle, bestaan uit ’n eenmanspringkasteel.
Michael Linders se uitstalling, King of my Castle, wat bestaan uit ’n eenmanspringkasteel.
Kunswerke deur die Suid-Afrikaanse Raad vir Islamitiese Kuns.
Kudzanai Chiurai (Zimbabwe) se kunswerk, Early Career Retrospective.
Jack Milroy se kunswerk, Sardine Piccanti 2017, is te koop teen R30 000.
Tanya Poole se uitstalling, The Audience.
Tanya Poole se uitstalling, The Audience.
Dié werk word met ligte daarom belig.
Op sy rug en met ’n bottel in die hand – een van die kunswerke op die kunsmark.
Die uitstalling is ’n lushof vir kunsliefhebbers.

Meer oor:  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.