
Die kunswerke word van naderby bekyk in die kunsdokkie ‘Raphael Revealed’ wat van 1 Desember in Cinema Nouveau-teaters vertoon word.Die kunswerk is die Alba Madonna. Foto: Exhibition on Screen
Die Italiaanse meester Rafael (1483-1520) is die fokus van Raphael Revealed, ’n dokumentêre kunsrolprent in die gewilde reeks Exhibition on Screen, wat van 4 Desember in sekere Cinema Nouveau-teaters in Suid-Afrika te sien is. Dit is die derde meester van die Italiaanse Renaissance op wie se werk gefokus word. Die ander twee was Leonardo da Vinci en Michaelangelo.
Rafael, wat as ’n argitek in Rome gewerk het, is veral bekend om sy indrukwekkende skilderye van Madonna-figure en sy gedetailleerde sketse van die Vatikaan.
Die tentoonstelling, waarop die rolprent fokus is Raffaello: 1520 - 1483, wat saamgestel is om die kunstenaar se sterfdag 500 jaar gelede te herdenk. Dit het net vier dae in Maart in die Scuderie del Quirinale in Rome oopgemaak kort voor die Covid-19-inperking in Italië, alle museums gesluit het. Met heropening van museums in Junie in Italië vroeër vanjaar het mense tot einde Augustus na die museum gestroom. Elke enkele kaartjie vir die tentoonstelling was uitverkoop. Benewens sy groot, bekende skilderye is ook sketse te sien onder die meer as 200 werke, wat die veelsydigheid van die kunstenaar uitbeeld wat op 37 jaar dood is. Daar is ook ’n fokus op sy bydrae tot argitektuur, poësie en sy ontwerp vir beeldhouwerke, tapisserieë en drukkuns. Sy groot werke is geleen van die Louvre,

Die kyker kry ’n blik op antieke Rome in die kunsdokkie ‘Raphael Revealed’. Foto: Exhibition on Screen
Uffizi, die National Gallery en die Prado-museum. Dit was die grootste tentoonstelling van sy werk tot nog toe.
Die regisseur van die rolprent is Phil Grabsky. Die kyker kry insae in antieke Rome danksy unieke argiefmateriaal asook ’n steelkyk na keiser Nero se goue paleis (Domus Aurea), wat Rafael ook besoek het. Die rolprent duur 88 minute. - Laetitia Pople