Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
KYK: Skaars portret van Mozart opgeveil
Die portret van die 13-jarige Wolfgang Amadeus Moz
Die portret van die 13-jarige Wolfgang Amadeus Mozart wat vir €4 miljoen opgeveil is.Foto: Reuters

’n Skaars portret van Wolfgang Amadeus Mozart is Woensdag in Parys vir €4 miljoen opgeveil – heelwat meer as die afslaer Christie’s se aanvanklike beraming van tussen €800 000 en €1,2 miljoen.

Die kunswerk – net een van vier skilderye wat in sy leeftyd van die Oostenrykse komponis gemaak is – is vermoedelik deur die Italianer Giambettino Cignaroli in 1770 geskilder. Dit was tot onlangs toe deel van ’n private versameling.

Die portret, olie op doek, vertoon ’n 13-jarige Mozart wat in ’n wit pruik en ’n rooi manel voor ’n klavesimbel sit. Partituur is ook in die hoek daarvan sigbaar.

“Die partituur is die interessante deel van die portret,” sê Astrid Centner-d’Oultremont, hoof van die departement Old Masters by Christie’s se tak in Parys.

“Dit is net in die portret bekend. Sommige musikoloë glo dit kan dalk Mozart se eie werk wees.”

Die wonderkind was vroeg in 1770 besig met ’n konsertreeks in Italië. Die Venesiaan Pietro Lugiati het Cignaroli opdrag gegee om die skildery te teken kort nadat Mozart ’n orrelkonsert in Verona in Januarie (1770) gelewer het.

Die komponis is in 1756 in Salzburg, Oostenryk, gebore en is in 1791 in die ouderdom van 35 oorlede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.