Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Letsels van steenkoolmyne op SA blootgelê
Een van Daylin Paul se foto’s uit sy fotoprojek.

Die invloed van steenkoolmyne op die plaaslike ekonomie, bevolking, landbou en klimaatsverandering is die fokus van die Suid-Afrikaanse fotograaf Daylin Paul se fotoprojek Broken Land.

Dié projek het pas aan hom die gesogte Ernest Cole-fotoprys besorg, wat jaarliks die werk van ’n fotograaf bekroon wat sosiaal-maatskaplike kwessies in Suid-Afrika belig.

“Hierdie kragstasies verskaf elektrisiteit aan Suid-Afrika, wat ’n reusetekort aan kragbronne het, maar dit het ’n verwoestende en blywende effek op die omgewing en die gesondheid van mense naby die stasies,” het Paul in ’n mediaverklaring gesê.

Hy meen mynlisensies word voorwaardelik deur die Suid-Afrikaanse regering uitgereik, sodat die ekologie bewaar word en plaaslike mense kan voordeel trek uit die minerale hulpbronne, “tog word die vereistes nie behoorlik gevolg nie sodat die gesondheid en ekonomiese welvaart van mense daaronder ly.

“Groot dele vrugbare, bewerkbare grond word oopgeruk, die landskap word met reuse-letsels gelaat weens die swart putte van die stasies en dan word gasse losgelaat wat bydra tot die kweekhuiseffek.”

Ernest Cole (1940-1990) het in die vroeë jare sestig as vryskutfotograaf gewerk vir onder meer Drum, die Rand Daily Mail en die Sunday Express. Die fotografieprys is in 2011 begin en word deur die Universiteit van Kaapstad geadministreer. Cole se fotoboek House of Bondage: A South African Black Man Exposes in His Own Pictures and Words the Bitter Life of His Homeland Today is in 1967 in New York uitgegee, maar was verbied in Suid-Afrika.?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.