Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Liekie Fouché hou uitstalling in Tina Skukan-galery

Die beelde wat die kunstenaar Liekie Fouché gesien het toe sy as kind in haar slaap geloop het, vind nou neerslag in haar uitstalling Journey Beyond.

Dit open Saterdag in die Tina Skukan-galery in Faerie Glen, Pretoria.

‘Anticipation’ deur Liekie Fouché.

“Wanneer ek die woord ‘beyond’ gebruik, verwys ek na kosmiese verbinding, dinge wat ons nie met die blote oog kan sien nie en begrippe soos kwantumfisika. Elke keer wat ek in my slaap geloop het, het ek misterieuse, magiese dinge gesien. Die uitstalling is ’n voortsetting van wat ek ervaar het. Die kontras tussen lig en donker en die hede en verlede wat ek omkeer.”

Die uitstalling bestaan uit meer as 60 skilderye wat Suid-Afrikaanse landskappe sowel as wolk- en droomlandskappe uitbeeld. Dit fokus op die verband tussen hemel en aarde, en wêrelde wat sowel sigbaar as onsigbaar is.

“Dit is sowel naïef as surrealisties. Daar is ’n dialoog tussen dag en nag en hede en verlede.”

‘Between Heaven and Earth’ deur Liekie Fouché.

Fouché, wat op ’n kleinhoewe in Zwavelpoort, oos van Pretoria, woon, het beeldende kuns aan die Universiteit van Pretoria (UP) studeer.

Sy het op ’n plaas in die Wes-Kaap grootgeword, en daardie landskappe beïnvloed steeds haar werk.

“Ek het ’n baie stadige tegniek. Ek werk juis stadig omdat ek dit geniet. Dis soos ’n boek wat jy nie wil klaar lees nie omdat jy dit geniet.”

• Die uitstalling open Saterdag om 10:00 en Fouché bied op 14 Augustus om 10:00 ’n rondleiding aan. Die uitstalling duur tot 25 Augustus.

Die galery-ure is Dinsdae tot Vrydae van 09:00 tot 17:00 en Saterdae van 09:00 tot 16:00.

Die adres: Hoewe 6, Koedoebergweg, Faerie Glen, Pretoria. Stuur ’n e-pos aan rex@tinaskukangallery.co.za of besoek www.tinaskukangallery.co.za vir meer inligting.

Liekie Fouché
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.