Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Linosnee van Muafangejo behaal hoogste prys op veiling
‘Zimbabwe House’ (linosnee, 1975) deur John Muafangejo het die hoogste prys op ’n onlangse veiling behaal. Muafangejo was bekend vir beskrywings van insidente in sy lewe in sy linosneë.

Die linosnee Zimbabwe House van die Namibiese kunstenaar John Muafangejo het nie net die hoogste prys op ’n “hoogs suksesvolle” aanlyn veiling behaal nie, maar dit is ook die meeste wat tot nog toe vir een van sy werke betaal is.

Zimbabwe House, wat uit 1975 dateer en die kunstenaar se ambisies en stryd uitbeeld, was een van 153 werke in die Orde Levinson-versameling wat deur Strauss & Co opgeveil is.

Die werk verwys onder meer na Orde se ma, Olga Levinson, wat haar in 1943 in Windhoek gevestig het en onthou sal word vir ’n suksesvolle loopbaan as skrywer en beskermvrou van die kunste. Die geldelike bystand wat sy in die 1970’s aan Muafangejo gebied het, is ook in Zimbabwe House te sien.

Strauss-afslaers het boonop geskiedenis gemaak deur die eerste keer ’n veiling van ’n enkele kunstenaar se werk te hou.

Altesame 114 bieërs van ses lande het 76% van die werke gekoop, wat R3,36 miljoen ingebring het.

Volgens die mediaverklaring plaas die verkope Muafangejo in die geselskap van William Kentridge, ’n produktiewe drukkunstenaar wat onder meer linosneë skep. Die hoogste prys vir een sy werke is R455 200 vir sy Big Tree wat 15 bladsye beslaan.

Muafangejo is in 1963 in Angola gebore, het in Namibië skoolgegaan en in Rorke’s Drift in KwaZulu-Natal studeer waarna hy tot sy dood in 1987 in Namibië gewoon het.

Die volgende veiling bied werke van Dumile Feni en Sydney Kumalo, tydgenote van Muafangejo wat mekaar in Rorke’s Drift leer ken het.

Die drie kunstenaars het kort daarna aan ’n uitstalling van kontemporêre Afrika-kuns in die Camden-kunssentrum in Londen deelgeneem, wat baie gedoen het om hul kuns aan ’n ander deel van die wêreld bekend te stel.

Die veiling word van 16 tot 18 Mei gehou.

Meer oor:  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.