Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Makhubu verken verlies in nuutste uitstalling
Ntombi (Jong meisie) uit Makhubu se Selfprojek (digitale drukwerk op Fabriano, 100 x 70 cm, 2007). Dit is een van die werke wat in Makhubu seuitstalling Intertwined in die Johannes Stegmann-galery te sien is.

“Die besef van eienaarskap of die verlies daarvan, dit is wat ek verken,” sê Nomusa Makhubu oor haar uitstalling

Intertwined 2005 – 2017 wat op 24 Mei in Bloemfontein open.

Makhubu is ’n kunsfotograaf en gee uitvoering aan haar temas deur haar portrette, performance-kuns en ruimte-tydpolitiek.

Deel van die uitstalling is The Trading Lies-reeks wat die leefstyl van ’n Britse setlaargesin van 1820 uitbeeld.

“Die huis toon geen teken van die Xhosas van die Oos-Kaap nie, maar die selfportret wat ek in die dioramas insluit, dien as onderbreking of besmetting van die skynbaar rustige setlaarslewe,” skryf sy.

Inquietude weerspieël Makhubu se nuutgevonde perspektief op die Vaaldriehoek waar sy grootgeword het. “Dit was eers toe ek na Grahamstad verhuis het dat ek bewus geword het van die Vaaldriehoek se bruin horison en besoedelde lug.

“Die ongelykhede wat die nywerhede in die omgewing meegebring het, het my beskouing van die Vaaldriehoek heeltemal verander. Die townships is bevolk met ’n diversiteit van mense wat uit verskillende dele van die land kom om in die fabrieke en aanlegte te werk.

Vanuit my nuwe perspektief was die inwoners nie meer ’n weerspieëling van diversiteit nie; dit het vir my die betekenis van gefragmenteerde narratiewe van ontheemding aangeneem.”

The Flood is ’n reeks wat sy in 2013 voltooi het en ’n skuif van die persoonlike na die openbare domein verteenwoordig. Dit behels ook die terugkeer na ’n vroeëre praktyk om twee foto’s in een unieke werk te verweef.

In Living Colour bring sy twee geografiese plekke as een uitbeelding byeen om die sogenaamde universele perspektiewe van tyd en plek te bevraagteken.


Nomusa Makhubu

Dié lektor van die Michaelis-kunsskool aan die Universiteit van Kaapstad met ’n Ph.D van die Rhodes-Universiteit, dra verskeie hoede.

Sy is die voorsitter van die Africa South Art Initiative (ASAI), ’n genoot van die American Council of Learned Societies (ACLS) en van Abe Bailey en was ’n navorsingsgenoot van die Omooba Yemisi Adedoyin Shyllon Art Foundation (OYASAF) in Nigerië.

Van 2011 tot 2015 was sy ook ’n komiteelid van die Nasionale Kunstefees.

Benewens die talle vakkundige artikels wat sy lewer, het sy al uitgestal in Afrika, Europa, Amerika en China.
* Intertwined kan van die opening op 24 Mei om 19:00 tot 23 Julie in die Johannes Stegmann-galery op die Kovsiekampus besigtig word. Alle belangstellendes is welkom om op 25 Mei om 10:00 by ’n gratis rondleiding aan te sluit.

Meer oor:  Vrystaat  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.