Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Mandela-skets in New York onder hamer

’n Skets wat wyle oudpres. Nelson Mandela van sy tronksel op Robbeneiland se deur gemaak het, kom op 2 Mei in New York onder die hamer.

Die veilingshuis Bonhams sal dié skets, een van 22 wat hy gemaak het nadat hy as president uitgetree het, opveil.

The Cell Door, ’n skets deur oudpres. Nelson Mandela, wat in Mei opgeveil word. Foto: Bonhams.com

Op Bonhams se webtuiste word die verwagte prys van die kunswerk, getiteld The Cell Door, as tussen $60 000 en $90 000 (sowat R840 000 en R1,3 miljoen) aangedui.

Volgens die webtuiste het dr. Pumla Makaziwe Mandela, die oudpresident se dogter wat die skets verkoop, gesê: “Toe my pa as president afgetree het, het hy nie baie gehad om te doen nie. Ek dink vir hom was kuns ’n goeie manier om homself uit te beeld of berusting in sy geskiedenis en sy hele lewe te vind.”

Mandela het vroeg in 2002 met ’n reeks sketse van Robbeneiland begin en het onder die wakende oog van Varenka Paschke, sy kunsonderwyser, gewerk.

Sy het hom die basiese komposisies van sketse en metodes van kleuraanwending geleer.

The Guardian berig van al die sketse wat Mandela oor sy 27 jaar in die tronk gemaak het, was The Cell Door, die een wat hy wou hou.

Giles Peppiatt, Bonhams se direkteur vir moderne en kontemporêre Afrika-kuns, het aan die koerant gesê hy het geweet die familie het tekeninge en het hulle oortuig om een te verkoop.

“Dit is een van die aangrypendste en belangrikste van dié wat hulle het, want dit is so ’n wonderlike beeld, dit het soveel betekenis.”

Volgens hom was die sleutel in die slot ’n simbool wat hoop aandui, waar daar geen hoop was nie.

“Die werk wys sy ontembare gees met sy kenmerkende eerlikheid en helderheid,” sê hy.

Volgens hom weet hulle nie wat die kunswerk werd is nie en kan dit selfs drie keer meer behaal as die verwagte prys.

“Dit is net so buitengewoon. As dit ’n vaas blomme of ’n landskap in Suid-Afrika was, sou niemand ’n bohaai gemaak het nie, maar dit is sy seldeur.”

Meer oor:  Bonhams  |  Oudpres. Nelson Mandela  |  New York  |  Veiling  |  Mandela-Skets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.