Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Meesterwerke gebruik om klimaatkrisis uit te beeld
Velázquez se skildery Felipe IV, a caballo.
Só kan die Estigia-strandmeer ná ’n uitmergelende droogte lyk.

Die wêreldbekende Prado-kunsmuseum in Madrid het in samewerking met die Wêreldnatuurlewefonds (WWF) ’n blink plan beraam om die erns van klimaatverandering onder die publiek se aandag te bring.

WWF-lede en kundiges van die museum het vier skilderye uit die Prado-versameling gekies om tydens die Verenigde Nasies se klimaatberaad (COP25) in die Spaanse hoofstad op groot skerms te vertoon.

El paso de la laguna Estigia deur Joachim Patinir.

Die skilderye is nageboots en dan gedokter om stygende seevlakke uit te beeld, die uitwerking van ekstreme droogtes, die bedreiging wat die uitsterf van spesies inhou en die maatskaplike gevolge vir klimaatvlugtelinge.

Só kan klimaatverandering seevlakke laat styg.

Dié werke word vir die duur van die beraad tot 13 Desember op groot advertensieborde in Madrid se middestad vertoon.

Javier Solana, president van die Prado se trusteeraad, sê: “Die projek bied die museum ’n geleentheid om kuns en sy waardes tot diens van die gemeenskap aan te wend. Die simboliese waarde van die meesterstukke en die indrukwekkende herskepping wat ons saam met die WWF aanbied, is ’n uitstekende manier om aan almal, veral die jonger generasie, te wys wat regtig op die spel is in die stryd teen klimaatverandering.”

Juan Carlos del Olmo, die sekretaris-generaal van WWF Spanje, sê: “Terwyl COP25 hier aangebied word, is die wêreld se oë op Madrid gefokus, daarom het ons die kans gebruik om ’n sterk boodskap deur die universele taal van kuns uit te stuur.”

El quitasol van Francisco de Goya.

In die veldtog, getitel “+1,5 ºC Lo Cambia Todo” (+1,5 ºC verander alles), word die wêreldwye stygende temperature beklemtoon en ’n beroep op regerings gedoen om daadwerklik op te tree sodat die 1,5 ºC nie oorskry word nie.

Die vier skilderye wat vir die veldtog gekies is, word bestempel as die Prado se “kosbaarste meesterstukke” en is so herskep dat dit die “distopiese chaos” illustreer wat klimaatverandering tot gevolg kan hê. Die werke is El paso de la laguna Estigia deur Joachim Patinir, El quitasol van Francisco de Goya, Niños en la playa deur Joaquín Sorolla en Felipe IV, a caballo deur Velázquez.

Soos op die foto’s hier gesien kan word, wag ’n apokaliptiese wêreld op die mens as klimaatverandering nie dringend gekeer word

Erge maatskaplike probleme kan uit klimaatverandering spruit.

nie. bbc.com; worldfuturecouncil.org; news.artnet.com; envirolink.org. Saamgestel deur Elretha Britz.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.