Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Mthethwa soek benoemings vir Erfenisraad

Die departement van sport, kuns en kultuur het die erfenisgemeenskap en lede van die gewone publiek genooi om kandidate te benoem om in die direksie van die Nasionale Erfenisraad van Suid-Afrika (NHC) te dien.

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur. Foto: Getty Images

Die Erfenisraad is volgens nhc.org.za ’n statutêre organisasie wat sedert 26 Februarie 2004 verantwoordelik is om Suid-Afrika se erfenis te bewaar, omdat dit ’n integrale onderdeel van nasiebou en die nasionale identiteit is.

Volgens ’n mediaverklaring sal die Erfenisraad se direksie uit vyf lede bestaan – wat al vyf self deur Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, aangestel sal word.

“ ’n Persoon wat as direksielid in die Erfenisraad aangestel wil word, moet die nodige bekwaamheid, ervaring of belangstelling in erfenis hê,” lui die verklaring.

“Wanneer benoemings ingedien word, moet dit in gedagte gehou word dat die benoemde kandidaat oor ’n wye kennis van erfenis moet beskik – ook bestuur, finansies, regskennis, kennis van bemarking en skakelwerk, geldinsameling, opvoedkundige en kulturele/maatskaplike navorsing, asook spesifieke kennis van die werk wat die NHC verrig, en ’n gewilligheid om gemeenskapsdiens te doen.”

Enigiemand wat ’n geskikte kandidaat wil benoem, moet benewens ’n motivering met die kandidaat se volle naam, adres en telefoonnommer, ook die kandidaat se CV met drie verwysings, ’n ondertekende brief waarin die kandidaat sy of haar bereidwilligheid bevestig, en gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies en ’n ID-dokument indien.

Benoemings moet die direkteur-generaal van die departement sport, kuns en kultuur voor 12 Oktober bereik. Dit kan aan Nthabiseng Apies na die adres Departement van sport, kuns en kultuur, Privaatsak X897, Pretoria, 0001 gepos word. Dit kan ook per e-pos na phindiwen@dsac.gov.za gestuur word.

Vir enige navrae bel Phindiwe Nguzo by 066 301 4647.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.