Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Nasionale Lotery maak beursie vir kunste oop

Organisasies in die kunste-, kultuur- en erfenissektor kan danksy die Nasionale Lotery-kommissie (NLC) weer aansoek doen om finansiering van tot R10 miljoen per projek.

Die kommissie stel dié finansiering jaarliks aan die begin van sy nuwe boekjaar beskikbaar aan organisasies wat spesifiek deur projekte tot die volhoubare ontwikkeling, bevordering en transformasie van kuns, kultuur en erfenis in Suid-Afrika bydra.

Luidens ’n mediaverklaring wil die kommissie sy finansiering weer op spesifieke afdelings in dié sektore fokus om te verseker dat hul geld “regverdig” uitgedeel word en “dit ’n impak maak”.

Dié afdelings sluit van 1 April vanjaar tot 31 Maart 2022 die volgende in:

  • Letterkunde, visuele kuns en toegepaste drama (drama in ’n gemeenskaps-, opvoedkundige of terapeutiese konteks). Die fokus moet hier op die skepping of ontwikkeling van nuwe en innoverende werk val, wat nie net werk moet skep nie, maar ook nuwe talent moet ontgin.
  • Handwerk, tekstiel en ontwerp, asook keramiek en pottebakkery. Aansoekers moet hier projekte voorstel wat produkte skep wat later verkoop kan word om ’n inkomste te genereer.
  • Nasionale erfenis, wat nie net die bewaring van erfenisbates insluit nie, maar ook die bevordering van Suid-Afrikaanse tale, veral onder die jeug.

Die kommissie ken toelaes in drie kategorieë toe: projekte met ’n begroting van minder as R500 000, ’n begroting van tussen R500 001 en R5 miljoen, en ’n begroting van tussen R5 000 001 en R10 miljoen.

Aansoekers moet projekte in een van dié kategorieë inskryf, en elke kategorie is onderhewig aan sy eie bepalings en voorwaardes. Die aansoekvereistes verskil ook van kategorie tot kategorie.

Aansoekers wat in die afgelope 12 maande voordeel uit NLC-finansiering getrek het, mag nie weer aansoek doen nie. Aansoeke van private of openbare skole, asook enige instelling in die hoëronderwyssektor, word ook uitgesluit.

Al die nodige besonderhede, insluitende aansoekvorms en bykomende dokumentasie, is by www.nlcsa.org.za/arts-and-culture/ beskikbaar. Meer inligting kan ook by 0860 065 383 of per e-pos by nldtf@nlcsa.org.za bekom word.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  Kunste  |  Kuns  |  Erfenis  |  Tekstiel  |  Visuele Kuns  |  Letterkunde  |  Nlc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.