Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Nel verruim Kaapstad se kunstelandskap
Luan Nel in sy galery in Kaapstad. Foto: SZ Minnaar

’n Nuwe galery het so pas sy deure in die hartjie van Kaapstad oopgemaak. Aan die stuur daarvan is die kunstenaar Luan Nel.

Kapenaars ken die kleurryke gebied naby die hoek van Lang- en Kerkstraat. Die AVA-galery, ’n snuffelmark met allerlei, ’n restaurant en klein antiekwinkels is daar onder die skadubome byeen. Op die hoek in die laat Victoriaanse gebou, waar Peter Visser se antiekwinkel jare lank gehuisves was, het Nel sy deure geopen.

Nel en sy eggenoot, Neil Pendock, het die gebou wat uit 1901 dateer, gekoop. Dit het aanvanklik as ’n wynhandelaar se winkel gedien. Vir Nel en Pendock was dit belangrik om die karakter van die gebou te behou en sensitief met die opknappingswerk om te gaan.

“Ons het vir ’n geruime tyd gesukkel om ’n plek te kry, maar hierdie gebou is amper asof dit vir ons gemaak is,” sê Nel geesdriftig.

“Ek wou lankal ’n ruimte in die stad skep wat ’n leemte in die kunslandskap vul. Daar is sekere goed wat ek nie in kommersiële galerye sien nie.”

Vir Nel moet die Nel-galery ’n plek wees “wat kunstenaars weer ’n kans kan gee of ’n eerste kans gee”. “Kunstenaars is nie almal selfbemarkers nie. Van hulle is ook maar skugter.”

Vir Nel moet die Nel-galery ’n plek wees “wat kunstenaars weer ’n kans kan gee of ’n eerste kans gee”. “Kunstenaars is nie almal selfbemarkers nie. Van hulle is ook maar skugter.”

Die galery se belangrikste eienskap is die Salon Long, ’n vaste groepuitstalling wat deur Nel saamgestel word, wat verander en aanpas by wat in die kunste – en sosiale landskap – aangaan.

“Salonstyl beteken dat ek werke van die vloer tot by die plafon kan hang. Dit hoef nie in rye gehang te word nie. Dit word eerder instinktief gehang.”

Hy beskou die Salon Long as ’n “organisme”. “Dit is iets wat aan die lewe moet bly en saam met my groei en ontwikkel.”

Daar sal egter ook ruimte in die salon vir samewerking wees. “Ek wil dit oopstel en nou en dan gaskuratore uitnooi.

“Die salon moet allerhande dinge weerspieël en verskillende temas hê, maar dit is nie ’n mengelmoes nie. Dit is nie moontlik om elke maand ’n ander klein show-tjie te doen nie. Dit sal my mal maak,” sê hy laggend.

Omdat Nel en Pendock die gebou besit, is daar heelwat minder druk om ’n sekere aantal werke elke maand te verkoop. “Ons kan vryer wees. Ons kan meer eksperimentele dinge doen, wat ’n kommersiële galery nie kan doen nie. Ek hoef byvoorbeeld nie R100 000 elke maand te verkoop om net die huur te bekostig nie.”

Meer oor:  Nel  |  Kunsgalery  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.