Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
New Breed ’n groot hupstoot vir kunstenaars
Waiting for the Next Move (olie, collage op hout, 120 x 120 cm) deur Cecilia Maartens was nie ’n wenner nie, maar is vir Phatshoane Henney se permanente versameling aangeskaf.

Deelname aan die New Breed-kompetisie kan vir visuele kunstenaars ’n paspoort na ’n professionele loopbaan wees, selfs al is hulle nie onder die wenners nie.

Deur net een van die sowat 40 finaliste te wees wie se werke in die Oliewenhuis-kunsmuseum in Bloemfontein uitgestal word, kan reeds deure laat oopswaai, het Les Cohn van Art Source South Africa vroeër vanjaar met die bekendstelling van Phatshoane Henney se derde New Breed-kompetisie gesê.

Om die geleentheid te benut, moet inskrywings nie later nie as 16 September by Oliewenhuis ingehandig word.

Die kompetisie is ingestel om talentvolle kunstenaars in die Vrystaat ’n platform te bied om na vore te tree, terwyl

die wye publisiteit wat die kompetisie geniet, ook tot die blootstelling bydra.

Een van die kunstenaars wat van die meevaller kan getuig, is Cecilia Maartens van Bloemfontein. Haar werke het twee jaar ná mekaar die finaliste-uitstalling gehaal en hoewel sy nie een keer ’n wenner was nie, is een van haar werke in Phatshoane Henney se permanente versameling opgeneem.

Dit is finansieel waarskynlik net soveel werd soos die pryse wat vir die wenwerke op die spel is: R50 000 vir die wenner, R20 000 vir die naaswenner en R10 000 elk vir twee merietewenners en die publiek se keuse.

Die finaliste-uitstalling word vanjaar weer in Oliewenhuis gehou. Dit open op 18 Oktober en die wenners word op 8 November bekend gemaak. Die uitstalling sluit op 25 November.

Deelnemende kunstenaars moet seker maak die inskryfvorms, te kry op www.phinc.co.za/art, is reg ingevul. Indien hulp benodig word, bel 051 011 0525 (uitbreiding 611).

Die kunswerke kan enige dag tot 16 September tussen 10:00 en 16:00 ingehandig word. Geen laat inskrywings word aanvaar nie.

Meer oor:  New Breed-Kompetisie  |  Les Cohn  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.