Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
New Breed-wenners binnekort bekend
Toni Pretorius, die eerste wenner van die New Breed-kunskompetisie by haar wenwerk.

Die aftelling na die bekendmaking van vanjaar se wenners van die New Breed-kompetisie vir visuele kunstenaars van die Vrystaat het begin.

Altesaam 44 werke van 36 kunstenaars is tans in die Oliewenhuis-kunsmuseum te sien en dit is hieruit dat die algehele wenner, ’n naaswenner, twee merietewenners en die publiek se gunsteling gekies word en op 14 November aangekondig sal word.

Die finaliswerke behels ’n verskeidenheid style en mediums wat skilderye, tekeninge, fotografie, beeldhou, keramiek, gemengde media en meer insluit.

Op die webtuiste van Phatshoane Henney-prokureurs, die aanbieder van die kompetisie, is die werke op uitstalling ook te sien met ’n profiel van elke kunstenaar daarby.

Dit gee mense wat Bloemfontein nie kan besoek nie, die geleentheid om nie net te kyk nie, maar ook vir hul gunstelingwerk te stem. Die kunstenaar met die meeste stemme ontvang R10 000.

Die prysgeld vir die algehele wenner is R50 000, die naaswenner kry R20 000 en die merietewenners R10 000 elk.

Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat die kompetisie aangebied word met die doel om Vrystaatse kunstenaars blootstelling te gee en hulle op die pad na ’n volhoubare loopbaan te sit.

Die vorige wenners is Toni Pretorius wat in 2016 vir haar fyn porseleinkuns uitgesonder is, Mandi Bezuidenhout wat ’n slim-installasie in 2017 ingeskryf het en in 2018 was die kunsstudent Nkululeko Nkebe die algehele wenner met ’n pentekening.

Die werke kan nog tot 24 November in Oliewenhuis besigtig word en is ook te koop. Die webtuiste waar die publiek vir hul gunsteling kan stem, is www.newbreedart.co.za.

Meer oor:  Kuns  |  New Breed
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.