Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Olivia Botha wen 8ste Cassirer Welz-prys

Olivia Botha, ’n multidissiplinêre kunstenaar van Kaapstad, is die wenner van die agtste Cassirer Welz-prys wat op ’n geleentheid in die afslaer Strauss & Co se tuiste in Johannesburg aan haar oorhandig is.

Een van Olivia Botha se multidissiplinêre kunswerke.

Botha se prys bied ’n kunsteverblyf van tien weke in die Bag Factory-ateljee in Johannesburg en begin reeds in Desember. Dit word gevolg deur ’n solo-uitstalling van haar nuwe werk in Februarie in die kontemporêre SMAC Gallery in Rosebank, Johannesburg. ’n Solo-uitstalling is enige jong kunstenaar se droom.

Botha, Joe Turpin en Sharon Moses is deur ’n onafhanklike komitee as finaliste aangewys, maar “Botha se werk het uitgestaan. Die uitwerking wat ’n jaar se kunsteverblyf by die National Gallery of Zimbabwe in Bulawayo op haar konseptuele ontwikkeling gehad het, is opvallend. Haar werk is nou baie meer volwasse,” sê Candice Allison, direkteur van die Bag Factory se kunsateljee.

Olivia Botha, wenner van die agtste Cassirer Welz-prys.

Vorige wenners van die Cassirer Welz-prys is Blessing Ngobeni, Nompumelelo Ngoma, Tshepo Mosopa, Asanda Kupa, Thato Nhlapho, Richard “Specs” Ndimande en Keneilwe Mokoena.

Die prys is ingestel ter ere van Reinhold Cassirer, ’n bekende kunshandelaar en eggenoot van die skrywer Nadine Gordimer, en Stephan Welz, kunsafslaer en medestigter van Strauss & Co. Albei kunskenners is oorlede.

Botha is in 1991 in Bloemfontein gebore, het in Kaapstad grootgeword en aan die Universiteit van Kaapstad (UK) se kunsskool Michaelis studeer waar sy in 2017 as een van die topstudente gegradueer het.

Sy is ’n multidissiplinêre kunstenaar wat veral op video-optrede, klank- en beeldhou-installasies fokus. In al haar werk poog sy om haar eie, asook die kollektiewe ervaring van behoort, identiteit en plek te verken en te dekonstrueer.

Botha was die enigste Suid-Afrikaner wat aan die uitstalling E-qualities of Women in die National Gallery of Zimbabwe in Harare deelgeneem het. Sy het daar verneem die beurs van die Moleskin-stigting word aan haar toegeken vir haar deelname aan die AtWork-slypskool in die galery in Harare.

Meer oor:  Strauss & Co  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.