Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
‘Onbekende’ Van Gogh eerste keer in openbaar
Scène de rue à Montmartre, ’n “onbekende” skildery van Vincent van Gogh. Foto: Sotheby’s

’n Skildery wat in private besit was sedert Vincent van Gogh dit in 1887 geskep het, sal die eerste keer in die openbaar te sien wees.

Scène de rue à Montmartre is deel van ’n reeks wat die gevierde Moulin de la Galette uitbeeld.

Dié skilderye vertoon die Montmartre-heuwel soos dit aan die einde van die 19de eeu gelyk het.

Cecilia Bartoli Foto: mandarinoriental.com

Die meulens, wat as die Moulin de la Galette bekend gestaan het, was ’n gewilde landelike uitspanplek vir Parysenaars, sê Aurélie Vandevoorde, Sotheby’s se direkteur van impressionistiese en moderne kuns.

Sotheby’s veil Scène de rue à Montmartre volgende maand op en dit sal na verwagting vir tussen 5 miljoen en 8 miljoen (sowat R90 miljoen tot R145 miljoen) van die hand gesit word.

– Saamgestel deur Elretha Britz met bykomende bronne euronews.com, thehindu.com, sothebys.com

Meer oor:  Vincent Van Gogh  |  Skildery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.