Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Ontslape digter se versameling van kuns onder die hamer

Die digter Leon Strydom, wat in Januarie aan Covid-19 dood is, se kunsversameling word op 10 Augustus deur die kunsafslaer Strauss & Co. opgeveil.

Dit bestaan uit 232 werke en sluit werke deur prominente kunstenaars soos Maggie Laubser, Robert Hodgins, Irma Stern en Alexis Preller in.

Leon Strydom

Dit word saam met 28 werke uit die private versamelaar David Hall se Linn Ware-keramiekversameling virtueel deur Strauss & Co. in die historiese Welgemeend-herehuis op die terrein van die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad gehou. Die waarde van die werke word op R6 miljoen tot R9 miljoen geraam.

’n Voorskou duur van Maandag tot 8 Augustus in die herehuis.

“Leon het baie van hierdie kunstenaars persoonlik geken, wat ’n intimiteit aan dié veiling gee wat ’n mens selde kry,” sê Frank Kilbourn, voorsitter van Strauss & Co.

Kilbourn en Strydom het mekaar jare lank geken.

Strydom, ook ’n letterkundige en kunskenner, het die Strydom-galery op George bedryf. Het het ná sy aftrede die galery by sy broer Matthys gekoop en dit bestuur.

Dit was Matthys wat hom as student aan kuns blootgestel het.

“My oom het dit destyds begin en hy en my pa, wat ’n professor in literatuur aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) was, het baie saam na kunstenaars gegaan om kuns uit te soek,” sê Anna Emm, (Leon) Strydom se dogter.

‘Madeira Portrait’ deur Irma Stern.
‘Herdboy (Boy with a Flute)’ deur Alexis Preller

“My pa het altyd op die kant gehelp, geadviseer en nuwe kunstenaars vir die galery gesoek. My pa was altyd op soek na simboliek en het geglo ’n goeie kunswerk moet jou ’n bietjie ‘pla’.”

Kilbourn was in die 1990’s op pad na Glentana naby George toe die eerste KKNK in Oudtshoorn aangebied is.

“Die Strydom-galery het op die fees uitgestal. Nadat hy dood is, het sy familie gewonder wat nou van sy kunsversameling sal word. Hy het met dissipline, geduld en ’n fyn oog oor die jare sy kuns versamel. Hy het my op ’n slag aan Robert Hodgins voorgestel. Hy het werke gekoop wat hom gekonfronteer het – daar moes ’n misterie aan die werk wees. Dit was nie net omdat dit iets mooi is nie. Hy het ook heelwat werke deur onbekende kunstenaars besit. En nie net skilderye nie – daar is keramiek en beeldhouwerk ook. Leon het altyd gesê keramiek is ’n onderskatte medium.”

‘Lake Garda’ deur Maggie Laubser
‘Joko’ deur Stanley Pinker.

Strydom het twee digbundels, Geleentheidsverse en L.S., uitgereik. Hy het die Ingrid Jonker-debuutprys en Eugène N. Marais-prys vir Geleentheidsverse ontvang.

Sonnevanger, ’n boek waarin hy oor die werke van vader Frans Claerhout skryf, is in 1983 uitgereik.

• Die veiling op 10 Augustus word in vier dele aangebied: Om 11:00 word die Linn Ware-keramiekwerke opgeveil, waarna werke uit Strydom se versameling om 14:00, 17:00 en 19:00 opgeveil word.

• Besoek www.straussart.co.za/auctions/ om die veiling te volg of om te registreer om te bie.

Die beeldhouer George Ramagaga en Leon Strydom.
Meer oor:  George  |  Kaapstad  |  Kunsveiling  |  Digter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.