Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Oos-Kaapse kunsdagboek
Winter Suns Bird Song deur Sanelisiwe Singaphi kan aanlyn op die GFI-galery in Gqeberha se webwerf besigtig word.

ArtEC-galery, Birdstraat 36, Sentraal, Gqeberha: Kunstenaars word uitgenooi om aan ’n groepuitstalling, Participate On Mixtape, deel te neem. Die uitstalling is gemik is op ’n generasie waar mixtapes nog in die mode was. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kunssentrum.Die werk moet van 27 September tot 1 Oktober by dié kunssentrum ingehandig word vir die uitstalling wat van 5 tot 25 Oktober sal duur.Stuur e-pos aan Louise Lu¨ders by louiseluders­@­gmail.com, skakel die Art­EC-kunssentrum by 041 585 3641 of stuur e-pos aan manager@artecpe.co.za vir inligting.

GFI-kunsgalery, Parklaan 30, Sentraal, Gqeberha: Die kunsuitstalling Changing the Narrative word spesiaal ter viering van Vrouemaand in Augustus aangebied.Die galery is tans nie oop nie weens Covid-19-regulasies en kan aanlyn besigtig word. Die uitstalling duur tot 3 September. Kunswerke van die Keiskamma Art Project word deur die galery te koop aangebied. Skakel 041 586 3973 of besoek die galery se webtuiste by www.gfiartgallery.com vir meer inligting.

Imibala-galery en Jan Rupert-kunssentrum, Graaff-Reinet: Die groepuitstalling In Conversation with Colour Symphony kan tot 18 September by die Jan Rupert-kunssentrum besigtig word. Stuur e-pos na drostdy@imibala.com, skakel 087 285 4810 of stuur e-pos na janrupertcentre@telkomsa.net.

Karoo Collective-kunsgalery in Graaff-Reinet: Kontemporêre kuns deur Dirkje Daling en ontwerpersmeubels deur Willem du Plessis kan op afspraak by die galery besigtig word. Kyk gerus ook aanlyn by www.kcollectv.wix­site.com/karoocollective of op Instagram @KarooCollective na die werke. Skakel 082 614 5833 vir meer inligting.

Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum, Parklaan 1, Sentraal, Gqeberha: Sketchbook 3D: Ceramics, ’n uitstalling met kunswerke deur plaaslike kunstenaars. Die werk is ook te koop. Celebrating Eastern Cape Art, ’n uitstalling met kunswerke deur kunstenaars wat in die Oos-Kaap woon of werk, duur tot 31 Augustus. Die uitstallings kan aanlyn op die webtuiste by www.artmuseum.co.za besigtig word. Skakel 041 506 2000 of stuur e-pos aan rbowers@mandelametro.gov.za vir meer inligting.

Nelson Mandela Universiteit (NMU), Birdstraatgalery, Sentraal, Gqeberha: Twee uitstallings word deur dié galery aangebied. The Pop-up Collective-uitstalling is ’n groepuitstalling wat deur studente aan die NMU aangebied word. Leaving Home is ’n solo-uitstalling deur die kunstenaar Mary Duker. Skakel 041 504 3293, stuur e-pos aan gallery@mandela.ac.za of besoek: https://visualarts.mandela.ac.za/; https://www.facebook.com/BirdStreetGalleryNMU/; en @birdstreetgallerynmu op Instagram vir meer inligting.

Stuur bydraes vir die Oos-Kaapse kunsdagboek aan Willemien.­Green@­dieburger.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.