Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Plattelandse tonele wat kyker nooi om weer te kyk
Abandoned Pool Parys 3 deur Willem Pretorius.

Dit is die (soms vergete) plattelandse tonele wat mense weer behoort te aanskou, wat die visuele kunstenaar Willem Pretorius in Hersiening uitbeeld.

Sy nuwe uitstalling met 49 olieverfskilderye wat mensgemaakte strukture in die platteland uitbeeld, word Sondag in die Tina Skukan-galery in Pretoria deur die joernalis en skrywer Dana Snyman geopen.

Snyman en Pretorius is bevriend en hy het Pretorius aan huis op Rosendal in die Vrystaat besoek op sy reisprogram Op pad met Dana op Via (DStv-kanaal 147).

“Dit is eintlik waarom ek dié titel gekies het,” sê Pretorius oor Hersiening.

“Mense moet letterlik weer kyk daarna. Ek ry dikwels verby tonele wat ’n mens nie wil sien nie. Ek kom op tonele af wat emosies na vore bring, soos leë swembaddens, tennisbane, bouvalle en motorvertoonvensters.”

Willem Pretorius

Dit is nie Pretorius se bedoeling om foute uit te wys nie. Hy lewer ook nie politieke kommentaar nie, maar met die uitlokkende tweedimensionele werke wil hy emosies by die galerygangers wakker maak.

“Vir baie mense is hierdie soort tonele hartseer. Daar is baie nostalgie wat ook na vore kom. Hulle heg sekere konnotasies daaraan. Ek neem verskillende foto’s van ’n toneel wat ek raaksien en dan werk ek van die foto af wat ek dink die gebied die beste vasvang.”

Hy peuter nie aan die landskap nie – hy verf dit presies volgens wat hy afgeneem het.

“Die mooi van die natuur neem eintlik soms die mensgemaakte strukture oor. Neem nou byvoorbeeld die krake in ’n leë swembad en gras wat uit daardie krake groei. Dit is eintlik interessant, want die landskap verander heeltyd. Alles is tydelik. My werk is eintlik ’n dokumentering van tyd en plek binne die Afrikaanse konteks.

Abandoned Pool Springfontein deur Willem Pretorius.

“ ’n Mens kom baie miniatuur-waarhede teë, wat mense nie altyd raaksien nie en dit wil ek op die doek vasvang.”

“My werk is op ’n manier ’n portret van hoe ek voel.

* Die uitstalling word Sondag om 11:30 deur Snyman geopen en dit duur tot 19 September.

*Die adres: Plot 6 Koedoebergweg, Faerie Glen, Pretoria.

Bel 012 991 1733 of 083 653 6928 of stuur ’n e-pos aan rex@tinaskukangallery.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Via  |  Willem Pretorius  |  Dana Snyman  |  Tina Skukan-Galery  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.