Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Reisende SA kunsgalery kry momentum oorsee
Girls Lead (akriel, 120 x 120 cm) deur Edward Selematsela.

Die Travelling Art Gallery wat Suid-Afrikaanse kuns in Europa uitstal, het ná drie uitstallings in Junie en Julie in Duitsland soveel momentum gekry dat nog ’n uitstalling vir Desember op pad is. Dié keer is ’n ruimte in Hildesheim, Duitsland, aangebied.

80 werke van 12 kunstenaars, opkomend en gevestig, sal te sien wees.

Die konsep om “Suid-Afrikaanse kuns na die wêreld te neem en die wêreld terug te nooi na Suid-Afrika” klink eenvoudig, maar die logistiek is ’n nagmerrie. En geweldig duur, sê Barbara Lenhard, die woordvoerder vir die Travelling Art Gallery.

My Roots (houtskool, akriel en pastel, 819 x 1 024 cm) deur Ramarutha Makoba.

Sy het egter deur skarefinansiering geld bekom en die vervoermaatskappy Bidvest Panalpina Logistics in Johannesburg en Panalpina Welttransport in Hamburg het aangebied om die kunswerke te vervoer.

Earthling (olie op doek, 180 x 80 cm) deur Corné Eksteen.

Unieke lokale is gevind, soos ’n ou kluisfabriek en ’n ongebruikte spoorwegdepot en vroeg in Junie kon die werke oorsee geneem word. Blits-uitstallings van ’n week elk is in Hildesheim, Hamburg en Ludwigshafen gehou en het groot belangstelling van die publiek en die Duitse media gelok.

Publisiteit is deur TV- en radiostasies en in koerante en tydskrifte verleen.

Geen toegangsgeld is gehef nie en sal ook nie gevra word vir die uitstalling van 1 tot 31 Desember in ’n winkelsentrum in Hildesheim nie.

Die kunstenaars wat deel is van die Travelling Gallery is Andrew Ntshabele, Sizwe Khoza, Corné Theron, Edward Selematsela, Michaela Rinaldi, Justice Mathonsi, Corné Eksteen, Lebohang Sithole, Ramarutha Makoba, Semi Lubisi, David Kuijers en Susan Proctor Hume.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.