Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Rhodes se vyfde solo open
Barry Rhodes, Oos-Kaapse kunstenaar, by twee van sy skilderye van bekende plekke in en om Port Elizabeth.

Barry Rhodes (73), ’n Oos-Kaapse kunstenaar, se vyfde jaarlikse solo-uitstalling, Our Seaside City, van see- en stadstonele open volgende week in Port Elizabeth.

“Ek het die afgelope jaar weer met oorgawe geskilder en 47 skilderye van ons lieflike stad en die nabye omgewing voltooi,” sê Rhodes.

Hy skilder al die afgelope 15 jaar en het geen formele opleiding ontvang nie.

“Ek was nog altyd ’n kranige fotograaf en het besluit om van my foto’s te begin skilder. Met jare se oefening het ek uiteindelik vyf jaar gelede my eerste solo-uitstalling aangebied,” verduidelik hy.

Die Oos-Kaapse kunstenaar, Barry Rhodes bied die naweek sy vyfde jaarlikse kunsuitstalling aan. Foto: Verskaf

“Ek gebruik ook soms van my vriende se foto’s en partykeer foto’s wat op The Friendly City of PE se Facebook-blad gepubliseer word, natuurlik met toestemming.”

Rhodes skilder tonele wat welbekend is aan die inwoners en besoekers aan Port Elizabeth.

Die vuurtoring in die Cape Recife-natuurreservaat, seetonele van verskeie strande in en rondom die Baai en pragtige natuurtonele langs die paaie aan die buitewyke van die stad, is maar ’n paar om op te noem.

“Ek verkies akriel as medium omdat dit so veelsydig is as gevolg van die waterbasis en boonop ook vinnig droog word.

Sunrise, ’n skildery van die hawehoof in Somerstrand in Port Elizabeth, soos geskilder deur Barry Rhodes.

“Die afgelope paar jaar se uitstallings is baie goed deur die publiek ondersteun, moontlik ook oor die welbekende bakens, vandaar ook die naam van die uitstalling, Our Seaside City.

“Die terugvoering wat ek ontvang het was selfs van mense wat nou oorsee woon en bekend is met die omgewing en wat ’n skildery by familielede of vriende as geskenk ontvang het.”

Rhodes is in Queenstown gebore en het die grootste deel van sy lewe in KwaZulu-Natal gebly, voordat hy 25 jaar gelede na Port Elizabeth verhuis het en nou voltyds skilder en fotografie, sy stokperdjie, beoefen.

Die uitstalling open op 2 Desember en duur tot 15 Desember by die Art on Main-kunswinkel in die Moffett on Main-leefstylsentrum in Walmer, Port

Van Stadens, ’n skildery deur Barry Rhodes van dié pragtige omgewing net buite Port Elizabeth. Foto: Verskaf

Elizabeth.

Besoek Rhodes se Facebookblad of volg hom op Instagram by barry.rhodes.art om sy werk te besigtig.

Bel Barry Rhodes by 082 774 6328 of stuur e-pos aan hom by barhowes@gmail.com vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.