Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Rommel-erf in Hatfield omskep met beelde van Angus Taylor
Angus Taylor het hierdie beeld van saamgepersde grond geskenk vir die Moja Gabedi-projek van die Universiteit van Pretoria in Hatfield. Foto: Universiteit van Pretoria

Die gevierde Suid-Afrikaanse beeldhouer Angus Taylor het twee kenmerkende beeldhouwerke geskep vir die Universiteit van Pretoria se Moja Gabedi-gemeenskapsprojek.

Studente is die afgelope jaar besig om Moja Gabedi, ’n ongebruikte stuk grond in Festival-straat, Hatfield, te omskep.

Die eertydse rommelbestrooide erf is nou ’n tuin waar nie net groente en bome groei nie, maar waar ook terapiesessies aangebied word. Daar is ook ’n klein amfiteater opgerig vir opvoerings oor maatskaplike vraagstukke deur studente van die dramadepartement. Die tuin is verder toegerus met houthuise waar studente, onder leiding, sessies aanbied soos onder meer speel- en kunsterapie.

Taylor, ’n boorling van Pretoria, maar wat ook gereeld internasionaal reis danksy sy kuns, het die Moja Gabedi-projek verlede jaar besoek en besluit om betrokke te raak.

Die klein amfiteater en beeld van Angus Taylor wat deel uitmaak van die Moja Gabedi-projek van die Universiteit van Pretoria in Hatfield. Foto: Universiteit van Pretoria

“Suid-Afrika is my huis en dit is die plek waar ek wil teruggee aan die gemeenskap. Ons lewe in ’n kapitalistiese ekonomie, nie in ’n ekonomie van gee nie.”

Hy werk met verskeie natuurlike media van graniet en jaspersteen tot oranjekleurige grond wat naby sy ateljee te vind is.

“ ’n Mens kan rots en grond skenk, daarom gebruik ek materiale wat volop is. Dit het geen kommersiële waarde nie; die media weerspieël die diversiteit van ons geologie en ons mense.”

Die beeldhouwerke – een van saamgepersde klip en die ander van grond – beeld ’n jong man wat aan Taylor bekend is, uit. Die beelde is deur hom sowel as lede van die gemeenskap en studente opgerig. Studente moet 40 uur gemeenskapswerk doen as deel van hul curriculum by die universiteit.

Taylor is in 2017 met die gesogte Helgaard Steyn-prys vir sy beeldhoukuns bekroon. Hy ontvang gereeld opdragte hier en in die buiteland vir die skep van sy monumentale kunswerke. Sy werk is in openbare en private versamelings in Afrika, Europa, Noord-Amerika en Australië opgeneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.