Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Rooi lig flikker letterlik vir kunstebedryf
Tafelberg in die Kaap.Foto: Facebook

Talle Suid-Afrikaners het Woensdagaand in hul huise, tuine en ondernemings 'n rooi lig laat skyn as deel van die Light SA Red-inisiatief om midde-in die Covid-19-pandemie solidariteit te betoon met die sukkelende kunstebedryf en die regering aan te spoor om die streng beperkings op geleenthede en produksies te lig.

Mense het ’n verskeidenheid foto’s van onder meer die Voortrekkermonument in Pretoria, Tafelberg in Kaapstad, die standbeeld van Nelson Mandela in Sandton en die Sandton-konvensiesentrum onder die hutsmerk #LightSARed op sosiale media platforms gedeel.

Dit was deel van ’n landwye inisiatief om geboue, teaters en ander kommersiële ruimtes in rooi lig te verf om bewustheid te skep rondom die afstel van feeste en kuns-geleenthede.

Die veldtog was ook ’n visuele pleidooi aan die regering om die kunstebedryf by te staan.

Sharif Baker, woordvoerder van die Light SA Red-beweging, het gesê die kleur rooi is die internasionale kleur vir noodgevalle en dit is waar die bedryf homself tans bevind.

Die Voortrekkermonument in PretoriaFoto: Facebook
Die Nelson Mandela-standbeeld in Sandton.Foto: Facebook
Die Sandton konvensiesentrum.Foto: Facebook

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.