Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
SA kunstenaars stig nuwe sambreel-organisasie

Die rampspoedige impak van die Covid-19-pandemie op die kuns-en-kultuur-sektor in Suid-Afrika het plaaslike organisasies en vakbonde aangespoor om saam te staan en een sambreelorganisasie te stig.

Die logo van die South African United Cultural and Creative Industries Federation (SAUCCIF).

Die hoofdoel van die South African United Cultural and Creative Industries Federation (SAUCCIF) is om uit een mond met die regering in gesprek te tree oor die gebrekkige bystand wat die department van sport, kuns en kultuur tydens die pandemie aan kunstenaars verleen het.

SAUCCIF, wat amptelik Donderdag aan die media bekend gestel is, is op die been gebring net ’n maand nadat 20 Suid-Afrikaanse organisasies, verenigings en vakbonde in die kunstebedryf op 16 September aan die We March as One 4 the Arts-optog deelgeneem het.

Netwerk24 het berig dat lede van die Vakbond vir Suid-Afrikaanse Musikante (Tumsa), die burgerlike beweging Im4theArts, en die Suid-Afrikaanse Kunste- en Kultuur-jeugforum (SAACYF) as deel van die optog na die Uniegebou in Pretoria opgeruk het om ’n griefskrif aan ’n verteenwoordiger van pres. Cyril Ramaphosa te oorhandig – en om ’n pleidooi aan die president te rig om die bedryf, wat hulle gesê het deur die pandemie “afgemaai” is, van ondergang te red.

Dié belanghebbendes, asook die Gilder-jeugakademie, die organisasie sonder winsbejag House of Crew en die Clap n Tap-federasie het ná die optog besluit om kragte saam te snoer en stigterslede van SAUCCIF te word.

“Hierdie federasie gaan verseker dat kwessies in die kuns-en-kultuur-sektor getakel en ten bate van alle kunstenaars opgelos word,” sê Romeo Ramuada, president van SAACYF, aan Netwerk24.

Ramuada sê die presidensie het reeds ná die optog met al die organisasies gekommunikeer en ’n vergadering met Ramaphosa voorgestel.

“Hulle (die presidensie) het gesê hulle gaan eers met die departement van kuns en kultuur in gesprek tree om die uitdagings met hulle te bespreek, voordat hulle vir ons meer duidelikheid kan gee.

“Hulle wil eers elke moontlike oplossing met die oorkoepelende departement (van sport, kuns en kultuur) bespreek, voordat hulle ’n vergadering met die president reël.”

Hy sê die presidensie het ook reeds aan hulle gekommunikeer dat die departement van sport, kuns en kultuur meer tyd versoek het om al die nodige inligting bymekaar te maak wat die presidensie van hulle verlang.

“Ten minste kommunikeer hulle (die presidensie) per e-pos met ons,” sê Ramuada.

Organisasies, verenigings, vakbonde, en private ondernemings wat lede van SAUCCIF wil word, word genooi om die aansoekvorm hier te kry: https://forms.gle/dviscW1Mu8Tx6mDA8. Lidmaatskap is nie oop vir individue nie.

Stuur ’n e-pos na info@sauccif.org.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.