Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
SA kunstenaars vir prestasies vereer
McCoy Mrubata

Die Amerikaanse konsulaat in Kaapstad het onlangs ses Suid-Afrikaanse kunstenaars met die Kennedy-sentrum se goue medalje (Kennedy Centre Gold Medal in the Arts) in die kunste vir hul werk beloon.

Basil J.R. Jones, Adrian P. Kohler, John Kani, Sibongile Khumalo, dr. Gcina Mhlophe en McCoy Mrubata het elkeen dié prys in die Zeitz MOCAA ontvang.

Die Kennedy-sentrum se internasionale komitee ken die medalje toe vir buitengewone prestasies in die kunste.

Die komitee vereer inspirerende individue wie se lewenslange bydrae die wêreld se grootste kuns en kunstenaars ondersteun en bevorder het.

Die geleentheid is begin met ’n optrede deur die Handspring Puppet Company, waarvan Jones en Kohler die stigters is, en talle nommers deur die Cape Town Opera.

Dr. Gcina Mhlophe

Jones en Kohler het in 1981 na Suid-Afrika teruggekeer om die Handspring Puppet Company saam met Jill Joubert te stig nadat hulle lank in die buiteland gewerk het.

Hulle is ook onder meer bekend vir hul samewerking met die visuele kunstenaar William Kentridge en die toneelstuk Ubu and the Truth Commission.

Dr. John Kani

Kani is bekend as akteur, regisseur en dramaturg. Hy het al opgetree in produksies soos The Blood Knot, Driving Miss Daisy, Othello, The Lion and the Lamb, Waiting for Godot en My Children! My Africa! waarvoor hy ’n Laurence Olivier-teaterprys, sowel as ’n AA Life Vita-prys, ontvang het.

Sibongile Khumalo is as sangeres ’n groot musikale uitvoerproduk van Suid-Afrika. Sy het grade in musiek aan die Universiteit van Zoeloeland, die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en ’n ere-lisensiaat in musiek aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf.

Sy het ook voorheen die Nasionale Orde van Ikhamanga, ’n eerbewys deur die Suid-Afrikaanse president, ontvang.

Basil J.R. Jones en Adrian P. Kohler.

Mhlophe is ’n skrywer, digter, dramaturg, regisseur, aktrise en storieverteller. Haar ouma se stories het ’n groot invloed op haar gehad. Mhlope se skryf- en toneelwerk het haar na Suid- en Noord-Amerika en Europa geneem, asook Groenland en Japan.

Sibongile Khumalo

Sy het haar stories in teaters soos die Royal Albert Hall en die Kennedy-sentrum opgevoer en het saam met Ladysmith Black Mambazo op ’n kinderalbum gesing.

Mrubata is ’n jazz-saxofoonmusikant wat in die vroeë 1980’s in orkeste begin speel het en in 1987 deur Sipho Hotstix Mabuse ontdek is. Hy het in 1988 by PJ Powers se orkes aangesluit.

Die veteraanvervaardiger Koloi Lebona het ’n kontrak by Zomba Records, ’n Britse platemaatskappy, vir hom aangebied. Sy debuutalbum, Firebird, is die volgende jaar uitgereik en in 1989 het hy die groep Brotherhood gestig.

Meer oor:  John Kani  |  Sibongile Khumalo  |  Zeitz Mocaa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.