Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
SA se Kentridge wen ‘Nobelprys vir kunste’
William Kentridge. Foto: Kate Geraghty/Getty Images

Die Suid-Afrikaanse kunstenaar William Kentridge het die gesogte Praemium Imperiale-prys gewen, wat as die “Nobelprys vir die kunste” beskryf word.

Die prys word jaarliks sedert 1989 deur die Japannese Kunsvereniging in vyf kategorieë toegeken: skilderkuns, beeldhoukuns, argitektuur, musiek en teater/rolprente.

Kentridge is vanjaar se wenner in die skilderkuns-kategorie en het daarmee nagenoeg R2 miljoen ingepalm. Die Brits-Palestynse Mona Hatoum (beeldhoukuns), die Amerikaners Tod Williams en Billie Tsien (argitektuur), die Duitser Anne-Sophie Mutter (musiek) en die Japannees Bando Tamasaboero (teater/rolprente) is die ander wenners.

Volgens ’n mediaverklaring word dié kunstenaars “erken en beloon vir hul prestasies, vir die invloed wat hulle wêreldwyd op die kunste het en vir hul aandeel in die verryking van die wêreld”.

’n Medalje sal op 16 Oktober in Tokio, Japan, aan elke wenner oorhandig word.

Kentridge is naas Athol Fugard in 2014 net die tweede Suid-Afrikaner wat die prys wen. Hy sluit hom by ’n uitgelese groep van roemryke wenners aan wat onder andere Andrew Lloyd Webber (1995), Arthur Miller (2001), Arvo Pärt (2014), Claudio Abbado (2003), Daniel Barenboim (2007), Francis Ford Coppola (2013), Ingmar Bergman (1991), Judi Dench (2011), Leonard Bernstein (1990), Martha Argerich (2005), Martin Scorsese (2016), Mikhail Baryshnikov (2017), Philip Glass (2012), Plácido Domingo (2013) en Sophia Loren (2010) insluit.

  • Kunsliefhebbers kan 'n oorsig van William Kentridge se werk tans op twee plekke in Kaapstad besigtig: die Zeitz-museum vir Kontemporêre Afrikakuns (Mocaa) in die V&A Waterfront en die Norval-stigting in Tokai.
Meer oor:  William Kentridge  |  Kuns  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.