Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Seldsame Pierneef onder hamer in Kaap

’n Seldsame werk van JH Pierneef getiteld A View across Fisherman’s Cove, Seychelles, wat hy in 1955 geskilder het gedurende ’n vakansie van vier maande op dié eiland, is onder die aanbod vir die nuwe afslaer Aspire se veiling op 27 Maart in Kaapstad. Die werk was nog nooit op ’n veiling nie, so ook sy landskapwerk Vrystaat Reën wat hy in 1943 geverf het.

Werke oor die breë spektrum van Suid-Afrikaanse kuns van ou meesters soos Pierneef, Pieter Wenning en Gregoire Boonzaier asook van Peter Clarke, Albert Adams en Louis Maqhubela en van jong kontemporêre kunstenaars soos Athi-Patra Ruga, Mohau Modisakeng, Ig­shaan Adams, en Nandipha Mntambo is onder die hamer.

Die veiling, Aspire se eerste in Kaapstad, word by die Avenue in die V&A Waterfront aangebied.

Altesaam 182 kunswerke is versamel.

Aspire is die eerste afslaer in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat lewende Suid Afrikaanse kunstenaars tantième betaal vir die herverkoop van hul werk. Dit behels die implementering van die langverwagte Artist Resale Right. Aspire poog om daarmee plaaslike kunstenaars te steun en ’n mark vir die toekoms te bou.

Die opbrengs vir die verkoop van Christo Coetzee se Black Rose Africa gaan om geld in te samel vir die Christo Coetzee Galery en Museum op Tulbagh. ’n Reeks van Coetzee se eksperimentele werk is ook onder die hamer

’n Vroeë houtskoolskets van William Kentridge van ’n balletdanser wat deur die lug spring Grande Jeté, word ook opgeveil. Die koper het dié werk gekoop by Kentridges se solotentoonstelling as Standard Bank Jong Kunstenaar in 1987.

Foto’s van David Goldblatt, insluitend sy ikoniese een van n jong ballerina in haar nuwe tutu op die stoep van ’n huis in die voorstede wat op die voorblad was van sy boek In Boksburg, asook dié van ’n amateur-bokser voor ’n geveg in die stadsaal van Boksburg is ook vervat in die aanbod.

Werke uit die fotograaf Mi­khael Subotzky se geprese Polls­moor-reeks Die vier hoeke kom ook onder die hamer.

Vrydag is daar ’n voorskou van die werke van 10:00 tot 19:00, Saterdag van 10:00 tot 17:00 en Sondag van 10:00 tot 17:00.

Daar is Saterdag en Sondag rondleidings om 11:00.

Besoek die webblad aspireart.net vir meer inligting of skakel 011 243 5243.

Meer oor:  Skilder  |  Pierneef  |  Werk  |  Veiling  |  Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.