Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Skryf nou in vir Thami Mnyele-kunskompetisie
Muntu Vilakazi van Vosloorus, wat verlede jaar die eerste prys in die Thami Mnyele-kunskompetisie verwerf het, staan voor twee van sy drie wenfoto’s.

Belangstellendes kan nou vir die 31ste Thami Mnyele-kunskompetisie inskryf.

Dié gesogte kompetisie word deur die Ekurhuleni-metro en die Lizamore-galery in Parkwood, Johannesburg, aangebied.

Alle kunswerke moet geskik vir uitstalling wees en binne die afgelope 12 maande voltooi wees.

Die beste kunswerke sal uitgestal word en R255 000 prysgeld is op die spel.

Muntu Vilakazi van Vosloorus het verlede jaar die eerste prys verwerf vir sy drie foto’s getiteld Imvuselelo, Inkonzo en Uhambo. Vilakazi het R60 000 in die sak gesteek.

In die tweede plek was Lindokuhle Zwane van Benoni vir ’n werk getiteld Imithetho Kababou (My pa en hulle), wat met houtskool en akriel op Fabriano-papier aangebring is.

  • Kunstenaars kan hul werke tot 23 Augustus tussen 09:00 en 19:00 by die Coen Scholtz-gemeenskapsentrum in Mooifonteinweg, Kempton Park, indien. Jy kan dit ook op 22 Augustus tussen 09:00 en 19:00 by die Springs-kunsgalery indien, en tussen 09:00 en 16:00 by die Katlehong-kunssentrum in Sontongastraat.

Die inskryfgeld is R50 per kunswerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.