Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
So word geld vir kunstenaars uitgedeel

Altesaam 948 aansoeke, waarvan 164 dupliserings was, is ingedien in die tweede ronde Covid-19-hulpverlening vir kunstenaars.

Die Vrystaatse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning het die syfers Donderdagaand bekend gemaak.

Die proses om die geld by kunstenaars uit te kry, is nou deur die Provinsiale Kuns en Kultuurraad (Pacc) begin.

Van die 784 aansoeke is net 692 aansoeke in pas met die minimum vereistes soos uiteengesit in die advertensie. Altesaam 92 aansoeke was ongeldig.

In terme van demografie kan die 692 geldige aansoeke as volg opgedeel word: 448 is manlike en 244 is vroulike aansoekers, 674 is swart, 16 is bruin en 2 is wit. Daarby is 18 aansoeke van mense met gestremdhede ontvang.

Pacc vergader op 8 Mei om die proses voort te sit.

Die 692 aansoeke sal dan geëvalueer word volgens die kriteria vir aansoeke soos vervat in die advertensie. Sodra al die kriteria nagegaan is, sal die uitbetalings aan individue volg. Pacc sal die betalings behartig.

’n Volledige lys van al die suksesvolle kandidate wat vir finansiering kwalifiseer, sal gepubliseer word.

Daarna kan kunstenaars navrae of vertoë rig as hulle nie tevrede is nie.

Kunstenaars sal 15 dae kry om te reageer nadat die lys gepubliseer is.

Dieselfde e-pos waarheen aansoeke gerig is, geld vir vertoë.

Meer oor:  Vrystaat  |  Kunstenaars  |  Covid-19-Hulpverlening  |  Aansoeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.