Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Kuns
Stem vir sekswerkers
Een van Robert Hamblin se fotografie-uitbeeldings in die uitstalling InterseXion wat van vandag af in die Stegmanngalery in Bloemfontein te sien is.

Sekswerkers, soveel as 182 000, is die kwesbaarste groep mense van die Suid-Afrikaanse bevolking, het die Kaapstadse kunstenaar Robert Hamblin uitgevind en hom van 2011 onvermoeid vir die dekriminalisering van die bedryf beywer. Dit doen hy deur sy kuns en tans deur die uitstalling InterseXion, wat van vandeesweek in Bloemfontein te sien is.

Hy rig sy pleidooi deur besonderse fotografiese werke, asook stem- en video-installasies, waarmee hy die sosiopolitieke kwessies rondom die individue en die bedryf uitbeeld.

Hamblin het selfs sover gegaan om die vertroue van sekswerkers te wen sodat hulle daadwerklik deel van sy kuns kon word.

Sy uitgangspunt was die jukstaponering van dié arm vroue se situasie en dié van bevoorregte mense, waarby hy homself insluit.

Toe Hamblin, wat homself ’n gender-aktivis noem, by die organisasie Sweat (Sex Workers Education and Advocacy Task Force) betrokke geraak het, is sy gewaarwording van die sekswerk-narratief gestimuleer.

Dié kennis het hy nie net vir sy kuns gebruik nie, hy het Sweat ook met beplanning en bewusmakingsveldtogte bygestaan.

Sy betrokkenheid het gelei tot The Sistaaz Hood-ondersteuningsgroep waarvan die eerste oogmerk ’n kunsprojek was wat hulle saam met Hamblin aangepak het.

Sy eerste gelyknamige reeks werke, wat deel is van InterseXion, het hieruit gespruit en later die Diamond Town Girls, wat in Kimberley ontstaan het.

Hamblin sê hy het die “modelle” as medeskeppers betrek en hul frustrasies as ’n “lens” vir sy benadering tot die projek gebruik.

“Sekswerk laat ’n onuitwisbare letsel op die lewe en liggame van die groep, waar geslag, klas en ras totaal verstrengel is.”

Robert Hamblin woon in Muizenberg en is benewens kunstenaar ook pa en aktivis. Sy kuns gaan oor manlikheid, mag en witheid, temas wat hy in sy fotografie met ’n kenmerkende skilder-voorkoms uitbeeld.

Hy stal gereeld in bekende galerye en op feeste in die land uit.

  • InterseXion open vanaand om 19:00 in die Johannes Stegmanngalery op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat.

Hamblin sal self teenwoordig wees en onder meer saam met Leigh Davids aan performance-kuns deelneem. Suen Muller van Lizamore & Associates is die spreker.

Môre van 10:00 tot 12:00 sal Hamblin ’n gesprek oor sy werk lei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.